Sprinkaan-geteisterde Zambezistreek besoek

Hoëvlak-afvaardiging na Mutwalwizi

02 October 2020 | Landbou
Elvira Hattingh - “Die rooisprinkaan het plek-plek in die Zambezistreek uitgebreek. Dit raak nie die hele gebied ewe erg nie, maar veroorsaak wel probleme daar waar dit dig voorkom.”

Só sê mnr. Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en grondhervorming, wat Dinsdag ’n besoek aan die Zambezistreek afgelê het om vas te stel hoe ernstig die uitbreking van die rooisprinkaan in die gebied is.

“Ons maak van twee metodes gebruik om die plaag te bestry – die een behels ’n gifspuit wat agterop ’n bakkie gemonteer is en die ander een ’n gifspuit wat ’n persoon op sy rug dra,” het hy in ’n video verduidelik wat tydens sy besoek geneem is en deur die ministerie aan die media verskaf is.

“Ons bespuit albei die vlieënde en kruipende sprinkane saans of soggens vroeg wanneer hulle rustig is. As ’n mens dit oor die middag probeer doen, is die insekte té aktief en is jou spuitprogram aansienlik minder doeltreffend,” het hy verduidelik.

Hy sê dié gif werk nie op kontakbasis nie, maar word soos mis in die lug versprei. “Soos die spinkane dan deur die lug vlieg, kom dit in kontak met baie klein druppeltjies van die gif,” het hy verduidelik.

Schlettwein het Mutwalwizi in die Kabe-Noord-kiesafdeling besoek en is vergesel deur die streekgoewerneur van die Zambezistreek, mnr. Lawrence Sampofu, asook mnr. Percy Misika, die ministerie se uitvoerende direkteur.

Dit volg nadat hy op 24 September in die parlement gesê het nog sowat N$30 miljoen se benodighede word “sonder oponthoud” vir die bestryding van die Afrika-rooitreksprinkaan in die Zambezistreek benodig.

Dit, om te keer dat dié pes dalk na die res van Namibië versprei.

Dit volg nadat rooisprinkane sedert 12 Augustus reeds 4 002 km2 in die Zambezistreek binnegedring het en al sowat 500 ha se weiding vernietig het.

Hy het gesê die streek ervaar tans sy tweede uitbreking vir vanjaar van die gevreesde sprinkaan nadat dit ook in Februarie uitgebreek het.

Volgens Schlettwein is die rooisprinkaan intussen op 12 Augustus in die Zambezistreek in 19 gebiede opgemerk, wat insluit Muzi, Namiyundu, Ivilivizi, Lusese, Ihaha, Nakabolelwa, Masikili en Malindi.

“As die grootte van die streek in ag geneem word, benodig ons dringend meer hulpbronne in die vorm van arbeid, toerusting, voertuie en persoonlike beskermende toerusting (PPE) om die uitbreking die hoof te bied,” het Schlettwein gesê.

Schlettwein het in die parlement gesê die rooitreksprinkaan het reeds Namibië se noordelike en noordoostelike buurlande soos Botswana, Zambië en Zimbabwe geraak.

“Sommige van hierdie lande maak van lugbespuitingsmetodes gebruik, wat veroorsaak dat die sprinkane na ander lande migreer. Ons behoort om dié rede ook van lugbespuiting gebruik te maak om die pes doeltreffend te kan bestry en ons bestaande bestrydingsmetodes te rugsteun.

“Dit is nodig omdat die verspreiding van die pes intens raak en om te voorkom dat dit na ander dele van die land versprei,” het hy gesê.

Sprinkaanplae is bekend daarvoor dat dit groot verwoesting in weivelde en onder gewasse veroorsaak omdat die insekte gras, koring en mielies vreet.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...