Sprekers fokus op ’n gesonde gees

03 October 2019 | Gesondheid
Die vereniging vir professionele sprekers in Namibië (PSAN) se sosialemediaplatforms gaan vanjaar op geestesgesondheid en die voorkoming van selfdood fokus.

Dié spesiale bewusmakingsveldtog val saam met Wêrelddag vir Geestesgesondheid, wat op 10 Oktober gevier word.

Volgens dr. Mohammed Shehu van PSAN sal verskeie hanteringsmeganismes om geestesiektes te hanteer via digitale platforms gedeel word.

Dit sluit in die verbetering van ‘n balans tussen werk en persoonlike lewe, die uitskakeling van giftige sosiale bande en professionele hulp vir depressie en trauma.

Wenke sal in ‘n e-boek saamgevat word, wat op 10 Oktober gratis aanlyn vrygestel sal word.

Volgens Shehu is geestesgesondheid ‘n belangrike komponent van algehele gesondheid en welsyn.

“Hoewel die meeste mense die belangrikheid daarvan besef om jou liggaam gesond te hou, is bewustheid van die verskillende maniere om geestesiektes te hanteer, daarvan te herstel en dit te voorkom steeds laag in Namibië,” sê hy.

“Met die hoë voorkoms van geweldsmisdaad, huishoudelike geweld en armoede eis dié traumatiese gebeure sy tol op die menslike psige.”

Volgens Shehu het studies getoon die voorkoms van angsafwykings, dwelmgebruik en algemene sielkundige nood is geneig om te verhoog onder diegene wat daaraan blootgestel word.

“Jy kan baie ongesonde gewoontes ontwikkel om jou te help om dit te hanteer as jy nie die vermoë het om trauma doeltreffend te verwerk nie,” sê me. Tabea Boye, ‘n traumakenner en groeispesialis verbonde aan PSAN.

As lid van die Wêreldfederasie vir Geestesgesondheid wil PSAN sosiale media gebruik om mense te bereik en te onderrig.

PSAN hoop ook om bewustheid van balans tussen liggaam en gees te skep om angsaanvalle, selfdoodgedagtes en ineenstortings te voorkom.

“Met die samelewing se fokus op ‘n gesonde liggaam word geestesgesondheid dikwels misgekyk. Tog sterf iemand elke 40 sekondes weens selfdood – sterftes wat voorkom kan word.

“Dit is ‘n reusemotivering vir PSAN om hande met die wêreldgemeenskap te vat om bewustheid oor die voorkoming van selfdood en geestesgesondheid te skep,” sê mnr. Brendan Ihmig, PSAN se president.

Om op hoogte van die veldtog en plasings te bly, kan PSAN op sosiale media gevolg word by @psanamibia of #WorldMentalHealthDay en #PSANmha.

PSAN is ‘n niewinsgewende vrywillige organisasie in Windhoek, wat Namibië se volgende generasie buitengewone sprekers wil ontdek, ondersteun en lei.

Vir meer inligting, besoek www.psanamibia.org.

Soortgelyk

 

Geval nr. 22 se toestand kritiek

9 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Teen laat gister was daar geen opflikkering in die gesondheidstoestand van die 63-jarige Walvisbaaier wat in die intensiewesorgeenheid van ’n private hospitaal...

Skuldriller

9 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die omvang van die Covid-19-pandemie het die ekonomie finaal verpletter en gaan die land vanjaar met ‘n algehele begrotingstekort van bykans N$21,4...

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting en Augetto Graig - Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai stedelike kiesafdeling, mnr....

AR steun Ipinge se ingrype

9 ure gelede | Politiek

Denver Kisting, en Augetto Graig – Mnr. Job Amupanda van die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) dring aan dat die raadslid vir die Walvisbaai- stedelike kiesafdeling, mnr....

Weer, Donderdag 28 Mei 2020

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, elders sonnig en matig tot warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met miskolle op plekke. GETYE BY WALVISBAAI:...

8 vas oor renosterstropery

9 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Agt vermeende renosterstropers en -horingsmokkelaars is oor twee dae vasgetrek.Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is twee...

2019-’20-reënseisoen verbeter op rampjaar

9 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Die Namibië meteorologiese dienste sê tydens die afgelope reënseisoen het die meeste streke normaal tot ondernormale reëns aangeteken, alhoewel reën in April...

Swapo betaal partytjieboete

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Die uitvoerende direkteur van Swapo, mnr. Austin Samupwa, is verlede week met N$2 000 beboet weens die regerende party se 60ste verjaardagpartytjie...

'n Vars bries vir die teaterbedryf

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022...