‘Spreekkamer’ op kykNET fokus op holistiese gesondheid

06 April 2021 | Kuns en vermaak
“Deur ’n paar persoonlike veranderinge te maak, kan jy jou welstand beheer.”

So sê Suzaan Steyn, aanbieder van Spreekkamer, ’n nuwe gesondheidsprogram wat op holistiese gesondheid fokus.

Dit begin Dinsdag op kykNET en Bibi Slippers is die inhoudsregisseur.

Dit vervang die finansiële reeks Winslyn. Die aanbieder, Divan Botha, het Dinsdagaand aangekondig dit is die laaste episode, maar dit sal wel in die toekoms nog uitgesaai word.

Spreekkamer word regstreeks uitgesaai en die nuus beïnvloed in ’n mate die program se inhoud.

Dit bevat ook ’n segment waarin kykers se vrae oor “van sinus tot hartaanvalle” beantwoord word.

“Gesondheid is ’n bodemlose put,” sê Steyn.

“’n Mens dink alles is al daaroor gesê, totdat jy begin om navorsing te doen. Ons praat, byvoorbeeld, oor die agt punte wat eintlik jou welstand bepaal – waaroor jy beheer het.

“Ons bespreek boeke wat sekere gesondheidskwessies dek. Iets soos die rol van die placebo-effek op jou gesondheid. Watter effek het me time (en ons het dit die afgelope jaar ervaar) fisiek op jou liggaam?

“Ons wil graag die kykers betrek. Hulle kan deelneem en terugvoering gee.”

Steyn, wat verlede jaar die gewilde KN Pandemie op kykNET en voorheen programme soos Gesondheid sonder grense en Verhoudings met grense op RSG aangebied het, het lank gelede – voor die Covid-19-pandemie – ’n paar veranderinge in haar lewe gemaak.

“Ek het besef daar is sekere dinge, soos wat jy eet, oefening en jou slaappatroon, wat jou emosionele en fisieke welstand bepaal. Daar is sekere dinge wat ek eenvoudig net uitgesny het.

“Die pandemie het ’n mens gedwing om na jou eie landskap te kyk, en wat en wie belangrik is in jou lewe. Dit was ’n tyd waarin jy stil geword het en moes besluit hoe jy sinvol kan besig bly.”

Kenners soos dokters, sielkundiges en spesialiste verskyn weekliks op die program om sowel hoofstroom- as alternatiewe behandelings te bespreek, en daar is onder meer gesprekke met mense wat ernstige siektes oorleef het.

• Spreekkamer word Dinsdae om 22:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. - Netwerk24

Soortgelyk

 

Heckmair-verhoor verder vertraag

56 minute gelede | Misdaad

Stefan Noechel van die Allgemeine Zeitung berig:Die verhoor van die Amerikaanse beskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevin Townsend, wat na bewering in 2011 vir mnr....

Skoolseun in selle oor video van geweld

1 uur gelede | Misdaad

‘n Sewentienjarige seun wat op ‘n video ‘n dogtertjie van vyf aanrand, is in hegtenis geneem.Die video is wyd in die sosiale media versprei en...

Jong dokter verskyn vir verkragting

4 ure gelede | Misdaad

Die leerlingdokter wat vir die beweerde verkragting van ‘n pasiënt by die Katutura-staatshospitaal in Windhoek in hegtenis geneem is, het vanoggend sy eerste verskyning in...

Leerlingdokter verkrag glo pasiënt

16 ure gelede | Misdaad

Tuyeimo Haidula – ’n Manlike leerlingdokter by die Katutura-hospitaal is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Sondag ’n pasiënt met kopbeserings verkrag het.Volgens ons...

Bejaardes op Swakop en plaas aangeval, beroof

16 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner en Ronelle Rademeyer – Drie gemaskerde, ­ge­wa­pen­de mans het gisteroggend by 'n huis in Vineta op Swa­kop­mund in­gebreek en twee vroue aangeval en...

O die donkie, die donkie is ‘n wonderlike ding...

16 ure gelede | Mense

‘Ons korrespondent in die Suide, Elizabeth Joseph, het dié gesin van Snyfontein padlangs raakgeloop met hul hoofvervoermiddel – ’n donkie en ’n karretjie.

Covid-19 teister skole in Hardap

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Skole in die Hardapstreek word deur Covid-19 geteister, met drie skole net op Schlip wat aanvanklik hul klasse moes opskort. Die pandemie...

Weer vir Woensdag 14 April

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Winderige en bloedig warm toestand duur oor die kus voort, terwyl sandstorms in die Namib voorkom.BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Namibwoestyn met...

Bure help hul buurte skoonhou

16 ure gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die gemeenskap van Samora Machel-kiesafdeling is voorlopers in die toepassing van die gemeenskapsgeleide totale sanitasie-inisiatief (CLTS), waardeur hul omgewing vanaf 'n ashoop...