Spoorwegnetwerk opgegradeer
D&M Rail Construction laat die wiele weer rol
'n Passie vir spoorlyne is nie iets wat 'n mens aldag teëkom nie, maar vir Leon Steyn is dit hierdie einste liefde vir Namibië se spoornetwerk wat hom deel maak van ‘n maatskappy wat 19 jaar gelede tot die ontstaan van D&M Tracks gelei het.
Aanvanklik het die maatskappy begin met spoorweginstandhouding by Walvisbaai.
" 'n Paar jaar gelede het 'n paar mense bymekaargekom en die behoefte geïdentifiseer om spoorlyne in die land te bou. Die maatskappy is verander tot D&M Rail Construction Pty (Ltd) en algaande het die onderneming groter geword. Van die grootste projekte wat ons tot nou toe onderneem het, is die sylyn na die Ohorongo-sementfabriek; 'n deel van 25 kilometer van die spoorlyn tussen Aus en Lüderitz en die spoorlyn van Ondangwa tot by Oshikango wat 65 kilometer lank is," vertel Steyn.
Om spoorlyne te bou, is nie goedkoop nie en die koste per kilometer beloop N$9,6 miljoen vir ‘n nuwe spoorlyn.
In 2011 is Namibië geskok toe heelwat treine ontspoor het. Die regering het begin soek na iemand om die spoorlyne te herstel. D&M Rail Construction is gekontrakteer om noodherstelwerk te doen aan die betrokke spoorlyne waar die ontsporings plaasgevind het. Die regering het besef dat 'n gebrek aan instandhouding van die spoornetwerk dringend aandag moes kry en dit was veral die lyn tussen Kransberg en Tsumeb, 'n afstand van 393 kilometer, wat die grootste uitdaging gebied het.
Die redes vir die agteruitgang van die spoorinfrastruktuur is veelvuldig. Instandhouding is nie doeltreffend gedoen nie, maar Steyn wys ook daarop dat die materiaal uitgedien was. " 'n Mens moet onthou dat die spoornetwerk in die laat 1950's opgegradeer is van smal spoorlyne na die nuwe spoorwydte. Amper 60 jaar het verloop en die materiaal se leeftyd het verstryk. Die tyd het aangebreek om dit te vervang," vertel hy.
" Ons het op Kranzberg begin en die spoorlyn gerehabiliteer en waar nodig opgegradeer na betondwarslêers en swaarder spoorstawe. Ons is amper klaar met die deel van Kranzberg na Otjiwarongo en het reeds met die gedeelte tussen Otjiwarongo en Tsumeb begin. Ons herstel 300 meter per dag omdat ons die werk moet afhandel sodat die treine steeds die spoor kan benut.
Ons verwyder die ou dwarslêers, skraap die terrein, lê nuwe dwarslêers en maak die spore vas sodat die treine weer daar kan ry.
" Ons is nog nie op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se standaard van 16,5 ton per as standaard nie, maar ons maak vordering," vertel Steyn.
Hy verduidelik dat die lasplekke in die spoor die moeilikste deel van die werk is. " Deesdae word dit aanmekaar gesweis met behulp van 'n eksotermiese proses sodat die interne spanning in die spoor die uitsetting en inkrimping kan absorbeer," verduidelik hy.
Die onderneming se werksaamhede word gelei deur 'n prioriteitslys wat deur TransNamib opgestel is en 'n gedetailleerde verslag oor die toestand van die spoor wat deur Windhoek Consulting Engineers opgestel is. Die meeste van die hoë prioriteit seksies en 'n aantal van die baie gevaarlike stukke is reeds herstel.
Altesaam 51,1 kilometer is opgegradeer waarvan 37,4 kilometer gedeeltelik opgegradeer is. Altesaam 175 kilometer spoor tussen Kranzberg en Otjiwarongo is gerehabiliteer. Dit behels 'n intensiewe instandhoudingprogram ten einde te verseker dat die spoor veilig is. Deurlopende inspeksies en onderhoud moet egter nie agterweë gelaat word nie.
Steyn vertel dat die Tsumeb-smelter besig is met geweldige opgradering en dat groot beleggings in die infrastruktuur gemaak word. 'n Byproduk van die smeltproses is swaelsuur wat deur uraanmyne gebruik kan word. " Ons moet die spoorlyn regkry sodat die swaelsuur veilig per spoor na Rössing vervoer kan word. Dis nou ons grootste teiken.
" Ons hoop dat met die herstel van die spoorlyn die regering daarin kan slaag om die swaar vragmotors van ons paaie af te kry. Nie net beskadig die swaar vragmotors die paaie nie, maar dit hou ook 'n gevaar vir ander padgebruikers in. ‘n Trein met een lokomotief kan 21 waens trek en dit is gelyk aan 27 swaar vragmotors wat ons paaie gebruik. "
Steyn onthou ook met heimwee die voormalige minister van werke en vervoer, mnr. Hampie Plichta, wie se droom dit was om te verseker dat vrag per spoor eerder as per pad vervoer moes word.
" Die regering bestee miljoene dollar om die spoornetwerk op te gradeer en is op die regte koers. "
Die TransKalahari-spoorlyn is nog 'n projek wat beplan word en dit sal uiteindelik Botswana met Walvisbaai vir die uitvoer van steenkool verbind. Die Wêreldbank is reeds genader om finansiering.
" Die regering doen alles om dit moontlik te maak vir besighede om van ons spoorlyne gebruik te maak en die sakesektor moet dit begin benut. Tot nou toe was hulle bederf met vragmotors wat van deur tot deur aflewer soos byvoorbeeld koper van Zambië wat per pad na Walvisbaai vervoer is. Daar is geen rede hoekom sement, klip, brandstof en mynbouprodukte nie met die spoor vervoer kan word nie. Bederfbare goedere is 'n ander saak en dit behoort per pad vervoer te word. Mynprodukte hoort egter op die spoor," sê Steyn.
D&M Rail Construction het tans 300 mense in diens. " Ons is 'n arbeidsintensiewe maatskappy. Die werk kan met masjiene gedoen word, maar ons wil help met werkskepping. Afhangende van die finansiering wat ons ontvang en die geld se beskikbaarheid, kan ons nog meer mense aanstel en kan die werk vinniger afgehandel word.
" Ons doen alles moontlik om die begroting so doeltreffend moontlik aan te wend."
" Die omvang van die werk is so groot dat TransNamib dit nie alleen kan doen nie. Daarom het ons as 'n Namibiese maatskappy hande gevat met hulle om die spoorlyn te beveilig.
" Daar is 'n groot tekort aan vaardighede en ons nou besig met opleiding van 20 baanmeesters. 'n Opleidingsbeampte van Botswana is gekontrakteer om dit saam met ons eie opleier te bespoedig.
" Ons, tesame met TransNamib is ook besig om sylyne van private eienaars op te gradeer soos byvoorbeeld Total en Engen op Walvisbaai en ook op Grootfontein. Hierbenewens het ons die Henning Crusher-sylyn op Ondangwa gebou wat tans op ‘n daaglikse basis 'n vol trein van Tsumeb na Ondangwa hanteer," sê Steyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie