Spoegwolf breek die internet
Spoegwolf breek die internet

Spoegwolf breek die internet

Gretige aanhangers oorstroom Die Rivier
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Spoegwolf is ongetwyfeld een van die gewildste Afrikaanse musiekgroepe van ons tyd, met die grope se musiekvideo van die trefferliedjie “Storm” wat verlede maand een miljoen trefslae op YouTube gehaal het.
Hoewel die alternatiewe rockgroep se optredes uitgestel of gekanselleer moes word weens die Covid-19 pandemie, bly hulle aanhangers honger vir vermaak en Spoegwolf stel geensins teleuer nie!
Hulle amptelike webblad en stroomplatform Die Rivier het vanjaar die lig gesien. Volgens dié groep is die platform soveel groter as dié generiese beskrywing. “Dis 'n huis vir 'n gemeenskap met ’n venster waar die kuns deurskyn; ’n ‘supercharged’ familie-WhatsApp-groep waar almal in ons gesin saam kan deelneem aan die vreugde van musiek en samesyn. Kry eksklusiewe toegang tot splinternuwe Spoegwolf songs, videos, podcasts en verhale. Blaai deur ons blou boekies waar resepte en gedigte lê. Deel met ons jou leed en liefde. Sit jou boot op die rivier,” lui ’n inskrywing van 8 April op die groep se Facebook-blad.
Op Die Rivier kan aanhangers na liedjies of podsendings luister of na musiekvideos of kortfilms kyk. Spoegwolf, wat uit Moskou du Toit, Chris von Wielligh, Albert van der Merwe en Danie du Toit bestaan, deel ook daagliks gedigte, resepte, gedagtes en verhale. “Jy is in Spoegwolf,” lui die verwelkoming op die blad.
Aanhangers was rasend opgewonde toe die groep verlede week aankondig hulle gaan op Vrydag 15 Mei ’n “digitale mini-konsert” op Die Rivier hou. “Vier liedjies, duisende van ons. Jy kan hom kyk vir R60 en die hele Rivier sien vir ’n dag, of aansluit vir R39. Ons sal een keer ’n maand so ’n show doen,” het hulle op Facebook en Instagram geskryf.
Opgewonde aanhangers het na die blad “gestroom”, maar Spoegwolf het duidelik die grootte van hulle volgelinggetalle onderskat. “Ons site overload. Daar is tien keer meer mense as wat ons verwag het,” lui ’n Instagram-inskrywing van Vrydagaand.
Kort daarna kon die blad nie meer die hoeveelheid mense wat ingeteken het, dra nie. “Ons is jammer. En wow! Julle het die internet gebreek! Ons het nooit gedroom ons sou so baie ‘traffic’ na ons show kry nie. Ons ‘website’ kan nie so baie mense hanteer nie. Ons het nie geweet so baie mense weet eens van Spoegwolf nie. Ons sal ons ‘website’ herbou om die ‘traffic’ te hanteer! Weer eens, ‘well done’, jammer, dankie. Ons en julle breek venues, nou breek ons websites.”
Só lui die groep se sosiale media-inskrywings kort ná Die Rivier Vrydagaand onder die druk gevou het.
Aanhangers het egter nie ontevrede weggestap nie. Diegene wat vir die dag toegang gekoop het, kan die opvoering enige tyd kyk en die volgende opvoering gratis “bywoon”. Dié wat hul geld terug wil hê as gevolg van die vertraging kan ‘n e-pos stuur na [email protected].
Daar is ook baie om na uit te sien, aangesien dié mini-konserte een keer ‘n maand gaan plaasvind. En Spoegwolf sal beslis volgende keer van beter weet as om hulle aanhangers te onderskat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.67/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.67/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 89.15/BBP UP +0.28% | Platinum US$ 911.73/OZ DOWN -0.0045