Spoedige registrasie vir verkiesings

Pensioenarisse kan veilig registreer

21 August 2020 | Politiek
Kristien Kruger – Die Khomasstreek se aanvullende registrasieproses vir die plaaslike owerheid- en streekraadverkiesings sal vanjaar anders as normaal geskied. As gevolg van die Covid-19-pandemie sal die registrasieproses vinniger verloop en sal registrasiepunte vir pensioenarisse vir die publiek gesluit wees.

Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het onlangs tydens ’n inligtingsessie by Hoërskool Shifidi in Katutura die veranderinge aan die registrasieproses vir die plaaslike owerheid- en streekraadverkiesing in die Khomasstreekaan rolspelers deurgegee.

Die verkiesings vind op 25 November plaas en is die eerste keer in onafhanklike Namibië dat plaaslike verkiesings te midde van ’n openbare gesondheidskrisis plaasvind. Die registrasietydperk strek vanaf 7 tot 15 September.

Volgens die ECN se koördineerder in die Khomasstreek, mnr. Rakondjerua Kavari, sal sommige registrasiepunte slegs tot pensioenarisse beperk word.

“Die registrasiepunte vir pensioenarisse sal nie vir die publiek oop wees nie om sodoende die mees kwesbares teen die virus te beskerm en steeds vir hulle geleentheid te bied om veilig te registreer,” het Kavari gesê.

Versnelde registrasieproses

Kavari het gesê die registrasieproses sal vinniger as in die verlede geskied omdat die proses vir herregistrasies, waar mense wat voorheen geregistreer was, maar hulle kaarte verloor of wie se inligting verander het, aangepas is.

“Die mense wie se inligting opgedateer moet word, sal hulle registrasienommers behou en ’n nuwe kaart sal nie uitgereik word nie. Hulle inligting sal slegs op die stelsel opgedateer word. Diegene wat hul kaarte verloor het, sal ook hulle registrasienommers behou en nuwe kaarte sal aan hulle uitgereik word,” het Kavari gesê.

Volgens Kavari het hulle in die verlede van dié inligtingsessie gebruik gemaak om die verskillende registrasiepunte bekend te maak, maar weens Covid-19 se onvoorspelbaarheid sal hulle eers in ’n latere stadium die verskillende registrasiepunte kan kommunikeer.

“Die registrasiepunte mag dalk gedurig verander, maar ons sal rolspelers en die publiek deurentyd op hoogte hou.”

“Verder sal registrasies voldoen aan die strategie wat deur die ECN, in samewerking met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, opgestel is,” het Kavari gesê.

Agtergrond

Die ECN het op 7 Augustus ’n 30 bladsy lange strategie, “Ensuring Inclusive and Credible Elections Amidst Covid-19”, bekend gestel.

“Die samedromming van ’n groot aantal mense in nabye kontak stel almal in gevaar om met die Covid-19-virus geïnfekteer te word. Verskeie geleenthede onder meer die registrasie van kiesers, die opleiding van verkiesingsamptenare en politieke veldtogte vereis mense om in nabye kontak te wees. Die strategie beoog om oordrag te verhoed en mense teen die virus te beskerm,” het die ECN se hoofkiesbeampte, mnr. Theo Mujoro, gesê.

Die opleiding vir registrasiebeamptes sal glo op 19 Augustus begin.

[email protected]

Soortgelyk

 

Air Namibia hervat op 28 Oktober vlugte na SA

4 ure gelede | Vervoer

Die nasionale redery het vanmiddag aangekondig hy hervat op 28 Oktober vlugte vanaf Windhoek na Johannesburg en Kaapstad.Die redery sal nie soos in die verlede...

77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae...

6 ure gelede | Gesondheid

Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het...

Geingob sê oor Covid-19-weg vorentoe

7 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Covid-19: Aankondiging kom oor pad vorentoe

9 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê pres. Hage Geingob sal vandeesweek ’n aankondiging maak oor die regering se voortgesette hantering...

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

21 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

21 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

21 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

21 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...