Spesiale VN-rolprent vra wêreld se gesamentlike optrede

18 September 2020 | Kuns en vermaak
’n Nuwe film, Nations United: Urgent Solutions for Urgent Times, bied ’n uiteensetting van die aksie wat geneem moet word om ’n beter wêreld te bou, in die lig van die veelvuldige Covid-19-krisisse wat dekades van globale vooruitgang in die gedrang stel.

Die Verenigde Nasies (VN), tesame met Project Everyone wat gestig is om wêrelddoelwitte te help bereik deur bewusmaking, leiers verantwoordelik te hou en aksie te dryf, asook die produksiemaatskappy 72 Films het vandeesweek die bekendstelling van Nations United: Urgent Solutions for Urgent Times aangekondig.

Dié rolprent van 34 minute is die eerste van sy soort wat wêreldwyd gebeeldsend word. Die premiére open Saterdag, 19 September, om 15:00 Namibiese tyd op die YouTube-kanaal van United Nations.

Die film sit uiteen wat gedoen moet word om die wêreld se grootste uitdagings aan te pak – van die Covid-19 pandemie tot armoede, ongelykheid, geslagsdiskriminasie, klimaatsverandering, geregtigheid en menseregte. Die uitsending sal ook die VN se 75ste bestaansjaar gedenk, sowel as die vyfde herdenking van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.

Te midde van ’n wêreldwye krisis sal Nations United: Urgent Solutions for Urgent Times sy gehore op ’n reis neem van die tye waarin ons leef, die verskeie uitdagings wat ons planeet in die gesig staar, en die ingrypings wat ons wêreld gedurende die volgende tien jaar kan verander.

Die film is vervaardig deur 72 Films en Richard Curtis, ’n skrywer, regisseur en voorstander van die VN se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte.

Bekende gesigte in die rolprent sluit in:

• Toonaangewende aktiviste soos die VN-vredesboodskapper en kampvegter vir onderwys, Malala Yousafzai van Pakistan.

• VN-welwillendheidsambassadeurs en akteurs, Don Cheadle (UNEP) en Michelle Yeoh (UNDP).

• Die akteur, woordvoerder vir volhoubare ontwikkelingsdoelwitte en UNESCO se spesiale gesant vir vrede, Forest Whitaker

• Die aktrise en vroueregte-aktivis Thandie Newton.

• Professor in opvoedkundige tegnologie, Sugata Mitra.

• ’n Eksklusiewe optrede van die Grammy-benoemde Nigeriese sanger Burna Boy, en ’n nuwe weergawe van ’n vorige VN-optrede deur die veelbekroonde kunstenaar Beyoncé.

• António Guterres, die VN-sekretaris-generaal, en sy adjunk, Amina Mohammed.

• Die aktrise Julia Roberts sal ook ’n radio-uitsending en podsending-weergawe van die program aanbied.

“Te midde van ’n pandemie wat ons wêreld radikaal verander, staan Nations United: Urgent Solutions for Urgent Times afsonderlik van ander verhale deur te fokus op feite en oplossings, wat erkenning gee aan die behoefte aan spesifieke bewysgebaseerde optrede wat werklike verandering sal meebring.

“Van skuldverligting, die vermindering van subsidies aan fossielbrandstowwe, tot universele toegang tot gesondheidsorg, gehalte-onderwys en digitale finansiële bemagtiging – die uitsending bied die beslissende en onmiddellike aksie wat nodig is om ’n beter wêreld te bou,” lui die verklaring wat die VN Dinsdag uitgereik het.

Die is Engelstalig, maar ander uitsaaikanale mag wel onderskrifte byvoeg.

Besoek www.youtube.com/unitednations om in te skakel.

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...