Speaker toon meegevoel met Londen-slagoffers
Die speaker, prof. Peter Katjivivi, het Vrydag sy meegevoel teenoor die slagoffers van die terreuraanval in Londen en hul families betuig.
Hy het na aanleiding van die aanval op die Britse parlementsgronde in Westminster gesê dit is betekenisvol dat die aanval die pilaar van demokrasie van die Britse gemeenskap geteiken het.
“Dit is teen dié agtergrond dat ons ons opregte meegevoel teenoor die slagoffers, hul families en ons suster-parlement en sy leierskap betuig.
Die voorval versterk ons oortuiging om met die res van die globale familie saam te staan en terrorisme en ekstremisme te verwerp en op elke moontlike manier wat ons kan by te dra om die euwel uit te wis uit die ideologieë wat 'n volhoubare toekoms vir die mensdom moet verseker,” het Katjavivi gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie