Spanning vir lorriedrywers al meer
Spanning vir lorriedrywers al meer

Spanning vir lorriedrywers al meer

Die vervoerbedryf gaan vragmotors se opsporingsbesonderhede met die polisie deel vir beter monitoring van drywers se bewegings.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Vragmotors wat uit Namibië via Botswana na Suid-Afrika onderweg is, word sedert Vrydag by die Mamuno-grenspos oos van Buitepos opgehou.

Dit volg nadat die reagente wat nodig is om blitstoetse vir Covid-19 by die grenspos te doen, opgeraak het.

Die gesondheidsowerheid in Botswana het sowat drie weke gelede begin om alle vragmotorbestuurders by grensposte te toets.

Buiten vir steenkool wat uit Botswana na Namibië vervoer word, gebruik Namibiese vragmotors Botswana as ’n deurgangsroete wanneer vrag in Gauteng en ander noordelike provinsies in Suid-Afrika gehaal moet word.

Die oponthoud het meegebring dat die sekretariaat van die Trans-Kalahari-Korridor Saterdag by Mamuno met die buurland se owerhede vergader het.

Hulle is ingelig, aangesien blitstoetse nie tans gedoen kan word nie, die deppers wat by lorriedrywers geneem is nou vir ontleding na ’n laboratorium gestuur moet word. Dit duur drie dae voordat die uitslae beskikbaar is, en daarom is lorriedrywers nie toegelaat om die grenspos te verlaat nie.

Volgens ‘n verklaring deur die sekretariaat sal die polisie en weermag in Botswana veilige parkering vir die vragmotors verskaf en die gesondheidsowerheid sal vir ablusiegeriewe vir die lorriedrywers sorg. Hulle moet vir die uitslae van die Covid-19-toetse in die kajuite van hul lorries wag.

Wanneer die uitslae kom, sal dié lorriedrywers wat negatief toets deur die polisie op hul roete deur Botswana begelei word.

MONITERING

Intussen het die Namibiese vervoer- en logistiekbedryf ingestem om besonderhede van die opsporingstelsels in vragmotors, wat voorrade na en vanaf Namibië vervoer, met die Namibiese polisie te deel sodat hulle saam die bewegings van lorriedrywers kan monitor.

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het verlede week in ’n brief aan mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging, die kontaknommers verskaf van die polisie se inligtingstegnologiespan met wie vervoermaatskappye die opsporingsbesonderhede van al die vragmotors wat die land binnekom of verlaat, moet kommunikeer.

Kommer oor vragmotorbestuurders wat nie by die kwarantynreëls hou nie, het die afgelope tien of wat dae opgevlam toe dit bekend geword het ’n lorriedrywer het voordat hy positief vir Covid-19 getoets het, by verskeie plekke op sy roete vanaf Buitepos na Walvisbaai aangedoen het. Dit sluit in ’n besoek aan die Standard Bank-tak op die hawedorp.

Ndeitunga sê deur hierdie inligting met die polisie te deel, is ’n “volledige moniterings- en beheerstelsel” moontlik wat die bewegings van alle vragmotors op Namibiese paaie dophou.

Schmidt het op sy beurt in ’n brief aan die bedryf gesê dié nouer samewerking vir verbeterde monitoring hou langtermynvoordele vir “hierdie belangrike sektor” in.

“Die polisie se toegang tot verskeie stelsels sal beter begrip vir die kompleksiteit van die logistieke ketting in die padvervoerbedryf skep, en ook persoonlike betrekkinge tussen ons as operateurs en die sekuriteitsomgewing verbeter,” sê Schmidt in sy brief.

DRYWERS KRY SWAAR

Intussen het ’n vragmotorbestuurder wat tans in kwarantyn is, in ’n WhatsApp-onderhoud aan Republikein gesê hulle werk onder hoë spanning teen betaling wat nie die opoffering wat hulle maak, regverdig nie.

“Ons is lank op die pad en as ons aflaai, moet ons in kwarantyn gaan. Ons sien nie ons vrouens en kinders nie.”

Hy sê hulle salarisse is gesny en hulle kan nie meer hul maandelikse verpligtinge nakom nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A