Spaarwenk: Oppas vir wensdenkery
Hanlie Stadler – Jy hoor die rentekoers gaan dalk later vandag daal. Jy bel jou man en sê hy moet maar KFC huis toe bring vanaand, jy is nie lus vir kosmaak nie – en julle het mos nou ’n paar ekstra rand.
Probleem is: Daai KFC Family Treat kos R214,90 (en dit sluit nie koeldrank in nie) en die verlaging van die rentekoers op jul huisverband van R1 miljoen teen prima rentekoers beteken jul paaiement daal met R166,21. Jy is dus R48,69 in die rooi – op geld wat jy boonop eers oor ’n maand gaan sien.
Nog ’n voorbeeld: Jy word bevorder en dit kom met ’n stewige verhoging. Jou rowwe sommetjies wys jy gaan R5 000 meer in jou sak hê en jy besluit: Ditsem! Tyd vir ’n nuwe motor. Jou koopkontrak is geteken nog voordat jy daardie nuwe betaalstrokie gesien het.
Die probleem is: Jy het vergeet van belasting en jy het vergeet dat jou nuwe motor se versekering heelwat meer kos as die oue wat jy ingeruil het. So nou is jy sê maar R500 in die rooi en jy gaan sukkel om jou begroting te maak pas.
Slotsom: Moenie in jou kop beplan hoe jy jou Lotto-geld, erfporsie, bonus of verhoging gaan bestee nog voordat jy daardie geld ontvang het nie. En wanneer jy wel weet presies hoeveel dit is, maak spaar – dus die belê van daardie geld vir die toekoms – jou eerste prioriteit. Dít en die afbetaling van skuld. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie