Spaar die geldjies
DAVE DAVIDS SKRYF:
Ek dink sy edele die president van Namibië en sy Swapo-regering moet die voorstel van Ees ter harte neem, die “skoonmaakveldtog” van stapel stuur en so die miljoene dollars spaar wat hulle op die onafhanklikheidsvieringe wil mors en dit op ’n baie beter manier spandeer.
Vir vier maande vanaf November 2017 tot en met Februarie 2018 het ons staatspasiënte nog geen bloeddrukpille en ander noodsaaklike medisynes gekry nie. Ons moet uit ons karige pensioengeldjies by die privaat apteke gaan medisyne koop.
Wat ’n skande dat Namibië se oumense so behandel word. En, o ja! Die president kan dan ook sommer sy eweknie van Tanzanië se voorbeeld volg.
Hierdeur sal hy my en die hele land se mense trots maak.
Viva Harambee!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie