Sopnat velde kelder hervatting
Krieket
Krieket Namibië se T20- en eendagwedstryde vir premierligaklubs was veronderstel om môre en Sondag hervat te word ná die onderbreking vir die feesseisoen, nadat die laaste lopies op 22 November aangeteken is.
Swaar reënneerslae het die afgelope week daagliks landswyd en ook in die hoofstad voorgekom en die vooruitsigte vir die naweek is dat nog water op pad is.
Alle premierliga, eerste- sowel as tweede ligawedstryde vir die naweek is dus tot verdere kennisgewing gekanselleer.
Die speelvelde van Wanderers en Windhoek Hoërskool, waar die premierligaspanne van Samsung FNB Wanderers en WHS Old Boys die naweek onderskeidelik die gasheer vir CCD Tigers en die MR24/7 Welwitschias sou wees, is uiteraard nie onder die huidige omstandighede vir krieket geskik nie.
Môre se eendagwedstryde (50 boulbeurte) en Sondag se T20-kragmetings tussen die genoemde opponente sou die laastes wees voor die premierliga se halfeindstryde, wat vir aanstaande naweek bestem is.
Republikein verneem dat die ligapunte vir die naweek se afgestelde wedstryde gedeel sal word, eerder as dat wedstryde uitgestel of die program aangeskuif sal word.
In beide premierligas (50 beurte en T20) bevind die kusspan Welwitschias hom in die laaste posisie uit die vyf spanne en behoort dus die semifinale mis te loop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie