Soogdiergids vir Namibiërs
Francoise Steynberg - Die Namibiese uitgewershuis Wordweaver spog nou met 'n Duitse uitgawe van sy oulike soogdiergids in sy natuurreeks.
Mein estes Buch der Säucetiere Namibias deur skrywer Olga Kausch is weer eens op kinders gemik om meer oor Namibiese soogdiere te leer.
In die 60 bladsye van die boek is 150 pragfoto's van 27 Namibiese soogdiere, meestal deur die skrywer, asook die eienaar van Wordweaver, Peter Reiner, geneem. Hy beskou homself as 'n kranige fotograaf wat graag die Namibiese fauna en flora op sy reise deur die land kiek.
Die boek is in verskillende soogdierkategorieë verdeel: Herbivore, omnivore en karnivore.
Die inligting word interessant verskaf oor hoe die soogdiere lyk en lewe, hoe manlike en vroulike diere onderskei word, asook hul habitat, dieet, gedrag, vyande, en hoe hul kleintjies, voetspore en mis lyk.
Die illustrasies van die voetspore en mis is deur Diana Ingram gedoen.
Belangrike kitsfeite soos hul grootte, gewig, spoed, lewensduur en hoe lank 'n dier dragtig is, word in 'n blokkie weergegee.
Die name van die soogdiere word in Duits, Engels, Afrikaans en Oshiwambo aangedui, asook die wetenskaplike name.
Die boek word in maklike, toeganklike taal aangebied, dus hoef niemand met groot woorde te sukkel nie.
Die kennistoetsvraag by elke soogdier is 'n treffer, byvoorbeeld: Het jy geweet die kameelperd is die enigste dier wat met horings gebore word?
Die boek is 'n wonderlike reisgids om saam op vakansie te neem en sal 'n goeie geskenk vir kinders in hul Kerskous wees.
Die boek is by alle Namibiese boekwinkels beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie