Sonnleiten-aftreeoord in nuwe hande
Die Rust-familie van die plaas Sonnleiten het die aftreeoord op dié plaas aan die inwoners verkoop.
Die aftreeoord op die plaas Sonnleiten, 35 km oos van Windhoek, behoort nou aan die inwoners.
Dit volg nadat die eienaar, mnr. Joachim Rust, en die inwoners Maandag die transaksie beklink het.
“Die inwoners bestuur nou die oord self en alle toekomstige ontwikkelings by Sonnleiten sal deur hulle hanteer word,” lui 'n verklaring deur die Rust-familie.
Sonnleiten beskik oor 39 woonstelle en 14 huise, 'n tuin, swembad, restaurant en spesiale sorgeenheid, asook piekniekplekke in die veld.
Dienslewering bestaan uit die skoonmaak van eenhede en die versorging van tuine.
“Aangesien dit in die natuur geleë is, maar steeds naby aan Windhoek, is dit die ideale aftreeplek vir mense wat van stilte hou. Dit is egter steeds naby die stad indien hulle dringende mediese sorg nodig het.”
Die familie sê die verkoop van Sonnleiten stel hulle in staat om op hul toerisme- en landboubesighede te fokus. Hulle besit die Ondekaremba-lodge en -kampterrein naby Sonnleiten, die private natuurreservaat Waterberg Wilderness by die Waterberg, asook die Ghaub-natuurreservaat en -plaas naby Otavi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie