Sonder staatstoelae is ongelykheid nu00f3g groter ramp
Sonder staatstoelae is ongelykheid nu00f3g groter ramp

Sonder staatstoelae is ongelykheid nóg groter ramp

Volgens die Wêreldbank se jongste ranglys het Suid-Afrika die ongelykste samelewing ter wêreld.
William Horne – Ongelykheid in Suid-Afrika bly op rampspoedig hoë vlakke, maar sonder staatstoelae sou dit baie erger gewees het.

Só het Risenga Maluleke, statistikus-generaal van Statistieke Suid-Afrika (SSA), verduidelik met die bekendstelling van SSA se jongste ongelykheidsverslag Donderdag in Pretoria.

Die armste 50% Suid-Afrikaners was in 2015 vir sowat 13% van hul totale inkomste afhanklik van toelae, wys die verslag.

Volgens Maluleke het dié toelae ’n “kritieke rol gespeel daarin om inkomsteongelykheid te verminder”.

Ongelykheid in vergoeding binne die arbeidsmark dra 74,2% by tot die powere stand van die land se Gini-koëffisiënt, wat op 0,65 staan.

Volgens die Wêreldbank se jongste ranglys maak dié syfer van die SSA dus Suid-Afrika die ongelykste samelewing ter wêreld.

Die SSA het die verslag in samewerking met die Universiteit van Kaapstad se navorsingseenheid oor arbeid en ontwikkeling (Saldru) en die Agence française de développement (AFD) opgestel.

Een van die nuwe maatstawwe vir ongelykheid wat hulle gebruik het, is die sogenaamde Palma-verhouding. Dié verhouding verdeel die besteding en inkomste van die rykste 10% van ’n groep deur die besteding en inkomste van die armste 40% van ’n groep om ’n alternatiewe maatstaf vir ongelykheid te verskaf.

In die Suid-Afrikaanse arbeidsmark het ongelykheid volgens die Parma-maatstaf beduidend tussen 2011 en 2015 agteruit geboer.

In 2011 het die 10% van werkers wat die meeste verdien het 5,8 keer meer verdien as die totale verdienste van die onderste 40%. In 2015 het dié syfer verswak tot 9,7.

Die SSA verslag wys ook hoekom dit die geval is: Geen reële groei in verdienste het vir enigiemand tussen 2011 en 2015 geskied behalwe die 1% van mense wat die meeste verdien nie.

Die besteding van rassegroepe volgens die Palma-verhouding het vir Indiërs/Asiërs en wit mense tussen 2006 en 2015 beduidend verbeter. Ongelykheid binne dié rassegroepe het dus in terme van hul bestedingsvermoë verbeter.

Vir bruin mense het dit relatief stabiel gebly.

Net vir swart mense het ongelykheid in terme van bestedingsvermoë toegeneem – en beduidend.

Waar die rykste 10% van swart mense in 2006 slegs vier keer meer bestee het as die totale besteding van die armste 40% van swart mense, het dié syfer in 2015 tot 4,8 verswak.

Swart mense was in 2006 as geheel vir slegs 41,8% van die land se totale huishoudelike besteding verantwoordelik. Dit is teenoor die 45,3% van wit mense in dieselfde jaar, al is dié bevolkingsgroep slegs sowat ’n tiende van swart mense s’n.

In 2015 het swart huishoudings se persentasie van totale huishoudelike besteding tot 49,3% gestyg, al beloop hulle 80,4% van die bevolking.

Ongelykheid het ook tussen swart mense toegeneem, wys die verslag.

Die provinsies

Net twee provinsies se Gini-koëffisiënt het nie tussen 2006 en 2015 verbeter nie.

Die Oos-Kaap het van 0,63 tot 0,65 verswak en Limpopo het van ’n aanvanklik bogemiddelde 0,56 tot 0,61 oor die nege jaar verswak.

Die twee provinsies wat die swakste Gini-koëffisiënt in die nege jaar behaal het was die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, wat albei laagtepunte van 0,65 en hoër bereik het, sê die SSA.

Die goeie nuus vir die provinsies is dat die besit van hul bates gemiddeld beduidend verbeter het. In elke provinsie het die gemiddelde hoeveelheid bates wat ’n huishouding besit, toegeneem.

Swart mense is die enigste rassegroep wat ’n toename in ongelykheid in die besit van bates ervaar het. Dié rassegroep se Gini-koëffisiënt vir bates het sedert 2009 van 0,54 tot 0,56 verswak, terwyl alle ander rassegroepe meer gelykheid bereik het in die verdeling van bates. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057