SOE’s dok op vir duur plesierrit
‘n Jeugreis na Rusland gaan die belastingbetaler miljoene kos.
Catherine Sasman – ‘n Aantal staatsondernemings (SOE’s) moes agteroor buig om ‘n eksotiese reis vir 200 jeugdiges na Sochi in Rusland vir die 2017 Wêreldfees vir Jeugdiges en Studente moontlik te maak.
Die Nasionale Jeugraad (NYC), wat die reis gereël het, het ‘n Airbus A330 by Air Namibia gehuur om met die sogenaamde “Harambee-jeugdiges” gisteraand om 21:00 direk vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Rusland te vlieg.
Ofskoon die presiese bedrag nie bevestig kon word nie, raam ingeligte bronne by Air Namibia die koste van die huurvlug op niks minder nie as N$5 miljoen.
“Die regering sal hiervoor betaal,” het die bronne gesê.
Die minister van jeug, sport en nasionale diens, mnr. Jerry Ekandjo, het gesê die ministerie van finansies sal die “diensverskaffer”, Air Namibia, betaal.
Hy sê die reis is in sy geheel deur die NYC gereël en hy kan daarom nie kommentaar lewer oor wat dit kos nie.
Ekandjo het wel gesê die NYC het die ministerie vir geld genader. “Die ministerie het nie geld nie en het ‘n versoek aan die ministerie van finansies gerig, wat N$500 000 goedgekeur het.”
Volgens hom sal dié bedrag net die koste van omtrent 30 deelnemers kan delg.
Die Air Namibia-vliegtuig sal volgens inligting van Sochi af sonder enige passasiers na Frankfurt vlieg waar dit weer die normale vlugskedule sal onderneem.
Air Namibia het vroeër die week sy passasiers op die Frankfurt-roete in kennis gestel hulle moet van ander lugrederye gebruik maak, of hul vlugplanne vervroeg of na môre uitstel.
Geskarrel vir finansiering
Teen gistermiddag was die NYC-organiseerders na bewering steeds besig om ter elfder ure rond te skarrel om geld vir die reis te bekom.
Bronne uit Air Namibia se binnekringe het gesê dat Namdia aangebied het om N$1 miljoen van die NYC se reis na Rusland te betaal.
Gistermiddag het mnr. Kennedy Hamutenya, Namdia se uitvoerende hoof, gesê hy het die NYC se versoek vir geld aan die Namdia-raad voorgelê en dat hulle steeds oor die aansoek beraadslaag het.
Hamutenya het gesê die NYC het aangedui hy sal minstens “N$2 miljoen van diamantmaatskappye” benodig om die reis se koste gedeeltelik te dek.
Die adjunkminister van internasionale betrekkinge en samewerking, dr. Peya Mushelenga, die permanente sekretaris van jeug, sport en nasionale diens, me. Emma Kantema-Gaomas, en die uitvoerende hoof van die NYC, mnr. Mandela Kapere, sal die jeugdiges op die reis na Sochi lei.
Hoewel net 183 uitnodigings deur die konferensie ontvang is, is 200 visums uitgereik. Kapere het vroeër aangedui 179 afgevaardigdes van Namibië sal gaan.
Wie die afgevaardigdes is of hoe hulle gekies is, kon nie bevestig word nie, aangesien nóg Kapere nóg enige ander NYC-organiseerder gister vir kommentaar bereik kon word nie.
Na verwagting sal die afgevaardigdes op 20 Oktober na Namibië terugkeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie