Soektog na koper by Gobabis

‘Dankbaar vir boere se samewerking’

06 October 2021 | Omgewing
Augetto Graig – Boere in die Gobabis-omgewing kan volgende week besoekers te wagte wees wanneer ’n elektromagnetiese lugopname op Donderdag 14 Oktober in dié omgewing afskop. Die lugopname het ten doel om koperneerslae te identifiseer.

Dr. Branko Corner, die uitvoerende direkteur van Kuiseb Copper, het dié aankondiging vandeesweek in verskeie koerante gemaak.

Volgens Corner sal die opname die elektriese geleidingsvermoë van die grond op verskeie plase in die omgewing meet, wat met bestaande inligting van magnetiese opnames kan vasstel waar koper gevind kan word.

Kuiseb Copper het in September verlede jaar ’n gesamentlike onderneming met Rio Tinto op die been gebring wat nou vir New Resolution Geophysics uit Suid-Afrika gekontrakteer het om die opname te doen.

Die opname sal drie blokke dek, en nog ses punt-tot-punt roetes volg as deel van die vroegtydige eksplorasie van die gebied wat deur die vennote se gesamentlike eksklusiewe eksplorasielisensies gedek word.

’n Omgewingsklaringsertifikaat is reeds uitgereik vir die opname terwyl betrokke aansoeke ook by die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) ingedien is. Die opname sal na verwagting ongeveer ’n maand lank duur.

Roetes in die drie blokke sal 800 m van mekaar gevlieg word, vanaf die noordweste na die suidooste en die helikopter sal tussen 75 m en 85 m bo die grond vlieg, met die sender en ontvanger tussen 35 m en 45 m van die grond af.

Die Namibiese Landbou-unie (NAU) se regsverteenwoordiger het ’n vergoedingsooreenkoms opgestel in die geval waar enige wild of vee beseer word of vrek as gevolg van die opname, volgens Kuiseb Copper, en Corner sê 82% van die betrokke boere het reeds die ooreenkoms geteken.

Een van die eienaars wat nie geteken het nie, is mnr. Cassie Carstens van die bekende Arnhem Caves-oord. Hy is bekommerd oor hoe die geraas van die helikopter die tussen 10 000 en 15 000 vlermuise wat in die grotte woon, sal beïnvloed.

“Die probleem is die grot loop reguit af en die geluid van die helikopter mag die vlermuise skade berokken of verjaag,” sê hy.

Vyf vlermuissoorte kom in die grot voor, en Carstens sê hy het sy prokureur oor die kwessie genader.

Corner sê hy is bewus van Carstens se bekommernis en nadat hy nie terugvoering van hom ontvang het nie, is daar besluit om Arnhem van die opname te verwyder.

Dieselfde benadering is toegepas rakende ander plase waar konsensus nie bereik kon word nie.

“Daar was voorheen soortgelyke opnames in Namibië gedoen, maar dit is duur en ’n tekort aan kommunikasie het tot ’n slegte indruk onder die betrokke boere gelei. Ons het vooraf besluit om alles deursigtig te doen en ons is dankbaar aan die boere vir hul samewerking,” het hy gesê.
[email protected]

FOTO
New Resolution Geophysics uit Suid Afrika sal een van hul helikopters in span om die opname te kom doen. Foto nrgex.co.za

Soortgelyk

 

Gevalle styg met 41%, moontlike aanvang van vierde golf

1 uur gelede | Gesondheid

Die aantal Covid-gevalle in die land het binne 'n dag met 41% gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, kan...

Chelsi bekoor in unieke kostuum

15 ure gelede | In beeld

Die Mej. Namibië-organisasie het gister die kostuum onthul wat Chelsi Shikongo op 12 Desember sal dra wanneer sy die land by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in...

Eksamenbedrog: 32 vraestelle kry voete

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht'n Reuse-terugslag vir die on­skuldige kandidate wat 'n kans gestaan het om die eksamen met vlieënde vaandels te slaag. Dit was die algemene gevoel...

Houtskoolbedryf uit miljoene bedrieg

15 ure gelede | Misdaad

Nuusredaksie‘n Vermeende sindikaat wat glo met die depositogeld van Suid-Afrikaanse kopers vir Namibiese hout- en houtskoolvragte verdwyn, bosboupermitte vervals en na bewering die bedryf met...

LPM neem hoofstad se leisels oor

15 ure gelede | Regering

Sade Gawanas, Windhoek-burgemeester; “Windhoek verdien net die beste van almal.”;

Weer vir 2 Desember 2021

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele donderbuie in die noorde, ooste en suidooste. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met...

Meer as N$200 m. jaarliks vir ARV’s

15 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtSowat 8,3% van die Namibiese bevolking is MIV-positief, met meer as 93% van volwassenes en 81% van kinders wat kwalifiseer om antiretrovirale behandeling te...

Florin soek sy vryheid

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - Die aansoek waarin Thomas Adolf Florin (54), na wie destyds as die slagter van Swakopmund verwys is, poog om ná byna 22...

Mediavakbond ontvang opleiding

15 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Die direkteur van die Internasionale Federasie van Joernaliste (IFJ) se Afrika-kantoor, mnr. Pa Louis Thomasi, het verlede Vrydag en Saterdag ’n slypskool saam...