Soektog na 10 van Amerikaanse vloot brei uit
Skepe, vliegtuie en duikers van verskeie lande help nou in die soektog na tien bemanningslede wat vermis word nadat 'n Amerikaanse oorlogskip Maandag teen 'n olietenkskip oos van Singapoer gebots het.
Die geleidemissiel-torpedojaer USS John S. McCain het met die handelskip Alnic MC gebots terwyl die oorlogskip op pad was na Singapoer as roetinestopplek.
Die botsing het 'n gat in die oorlogskip se bakboord op die agterdek veroorsaak, reg by die waterlyn, wat kompartemente waar bemanningslede geslaap het laat oorstroom het.
Vyf bemanningslede is beseer en 10 word steeds vermis.
Dit is die vierde ongeluk waarby Amerikaanse oorlogskepe in die Stille Oseaan vanjaar betrokke was, dus is 'n ondersoek nou gelas om die hele vloot te ondersoek met die moontlikheid dat alle operasies tydelik opgeskort gaan word sodat daar op veiligheidskwessies gefokus kan word.
Vliegtuie van die oorlogskip USS America, wat in die hawe by Singapoer se Changi-vlootbasis gelê het, help met die soektog. Skepe en vliegtuie van Singapoer, Maleisië en Indonesië was reeds besig om die gebied waar die ongeluk gebeur het te fynkam.
Intussen word water uit die beskadigde skip getap en die skade word nagegaan voordat herstelwerk kan begin. Die USS Johan McCain lê tans by die Chaingai-vlootbasis.
Geen olie het na die ongeluk uit die Alnic MC, 'n Liberiese olietenkskip van 183 m, gelek nie.
Die seeweg om Singapoer is een van die besigste in die wêreld. Byna 'n derde van die wêreld se seevervoer vind op hierdie roete plaas.
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie