Soek só 'n geskikte venue
Hier is ’n paar vrae om te vra wanneer julle na potensiële onthaalareas gaan soek:
• Hoeveel kos dit om te huur en wat sluit die prys presies in?
• Hoeveel mense kan die lokaal kan huisves – vir ’n ete, buffet of hors d’oevre onthaal?
• Gaan die onthaalarea gedeel word met ’n ander troue se onthaal? Hoe word die fasiliteite verdeel? Hoe word privaatheid verseker?
• Vir hoeveel uur is die lokaal bespreek? Is daar koste aan oortyd verbonde? Wanneer tree dit in werking?
• Is daar enige beperkings op wanneer die area beskikbaar is? Is daar ’n afslag vir sekere tydstippe of dae van die week?
• Is daar ’n klavier/ander musiekinstrument op die perseel? Is daar ekstra kostes aan die gebruik daarvan verbonde?
• Is daar reëls ten opsigte van die tipe musiek, aantal musici, ens?
• Is daar spesifieke reëlings ten opsigte van versiering, blomme, fotografie?
• Is daar lugversorging?
• Is daar ’n spysenier beskikbaar of mag jy vir jou eie sorg? Wat is die vereistes ten opsigte van drank?
• Is daar genoegsame kombuisfasiliteite?
• Kan die lokaal ook vir die huwelikseremonie gebruik word?
• Is daar ’n dansvloer? Is dans toegelaat? Waar is die dansbaan?
• Is daar bykomende kostes verbonde aan ander dienste soos sekuriteit en motorwagte?
• Kan hulle die bespreking skriftelik bevestig waarin alle besonderhede saamgevat is?
• Wat is die deposito en vergoedingsvereistes?
• Is daar genoeg parkeerplek vir gaste? Moet gaste bykomende betalings maak?
• Is daar ’n mikrofoon beskikbaar?
• Wie sal tydens die onthaal aan die hoof van sake wees?
• Stel die venue tafels, stoele en meer beskikbaar?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie