Sochi-trippie: Verleentheid groei

'Geen vlugplan'

13 October 2017 | Vervoer
Catherine Sasman - Die Air Namibia Airbus A330-vlug wat Dinsdagaand direk na Sochi in Rusland vertrek het met sowat 200 jong Namibiërs op, het die wenkbroue laat lig nog vóór die vlug vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) buite Windhoek kon opstyg.

Air Namibia het aangekondig die vlug, wat spesiaal deur die Nasionale Jeugraad (NYC) vir 2107 se Wêreldfees vir Jeugdiges en Studente vir die jeugdige Namibiërs gereël is, het Woensdag omstreeks 08:40 op Sochi geland.

Mense in die binnekringe sê reëlings vir dié vlug was glo uit die spaanspoor ’n geskarrel omdat die vlug byna gekanselleer is weens ‘n vlugplan wat skort en swak beplanning.

Ter elfder ure is besluit om tóg met die vlug voort te gaan om die jeugdiges by die jeugfees in Rusland te kry.

Dié halsoorkop besluit sou beteken kajuitpersoneel moes vir 26 ure aan diens wees, wat strydig met die maksimumtydperk van 18 ure is.

‘n Bron van die Namibië Kajuitbemanningsvakbond (NCCU) het beklemtoon dit beteken kajuitpersoneel is gedwing om meer as agt ure per skof te werk.

Die Russiese gashere was glo ontevrede daaroor dat meer Namibiese afgevaardigdes opgedaag het as wat verwag is.

Die Russiese ambassade het 193 uitnodigings aan die NYC gestuur, maar 200 visums is uitgereik en die NYC het vroeër aangedui 179 afgevaardigdes sou gaan.

Boonop het hanteerders op Sochi-lughawe glo met die aflaai van bagasie die vliegtuig se vragdeur beskadig. Die vliegtuig was toe vir ses ure buite werking terwyl die deur herstel is.

Volgens bronne het dit veroorsaak dat die vliegtuig nie op skedule in Frankfurt in Duitsland geland het nie.

DIS NIE WAAR NIE, Sê AIR NAMIBIA

Air Namibia ontken al hierdie beweringe.

Geen vlug kan sonder ‘n vlugplan voortgaan nie, sê hulle.

“Daarom is die vlugplanne ingedien en goedgekeur voordat die vlug van Windhoek af kon vertrek. Hierdie aantyging is in totaliteit irrelevant,” het Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paulus Nakawa, gesê.

Air Namibia het ook ontken dat die kajuitpersoneel vir bykans 26 ure sonder ophou gewerk het.

Volgens hulle het die vlug omstreeks 20:53 vanaf die HKIA vertrek en om 06:41 op Sochi geland, wat beteken personeel het ongeveer 10 ure sonder ophou gewerk.

Air Namibia sê daar was 10 bemanningslede, drie in die kajuit en twee ekstra wat die vliegtuig vanaf Sochi na Frankfurt gevlieg het.

“Dit was die optimale bemanning wat met internasionale lugvaartstandaarde strook,” sê Air Namibia.

Die lugredery het ook ontken dat die vliegtuig se vragdeur beskadig is.

“Aangesien hierdie ‘n handelstransaksie was, het die Russe vir ons ‘n slot geskep omdat dit nie ons normale bedryfsroete is nie. Toe alle goedkeuring verkry is, het ons na Frankfurt vertrek. Let asseblief daarop dat die kajuitpersoneel nie toe aan diens was nie.”

Soortgelyk

 

Boere kry interdik teen grondbelasting

58 minute gelede | Howe

Catherine Sasman - Die regering is verbied om grondbelasting te hef vanweë die vermeende onwettighede en ongerymdhede in die berekening van grondwaardes, en die redelike...

Vandalisme strem hepatitis-veldtog

58 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Vandalisme en diefstal strem 'n noodreaksieplan teen 'n hepatitis E-uitbreking wat sedert Oktober verlede jaar die lewe van vyf mense geëis het. Mobiele...

Geluk aan die finaliste!

58 minute gelede | Toerisme

Die vier finaliste in Namibia Media Holdings se Klein Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2018 (NTY2018) is Eenhana, Okahao, Oniipa en Oranjemund.Baie dankie aan elkeen...

Studente staan agter Unam-moordverdagte

58 minute gelede | Howe

Fred Goeieman Studente van die Universiteit van Namibië (Unam) se Khomasdal-­kampus het gister by die Windhoekse landdros­hof in Katutura borgtog betaal vir 'n medestudent wat...

Hóés, sê Jan Taks

58 minute gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Waar ‘n rokie draai, moet ‘n belastingvuurtjie wees.Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, mnr. Malusi Gigaba, se aankondiging gister dat aksynsbelasting op sigarette...

Weer vir 22 Februarie 2018

58 minute gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm oor die westelike helfte van die binneland. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm...

Ngatjizeko tree af

58 minute gelede | Ministeries

Die nuwe mediasekretaris van die kantoor van die president, dr. Alfredo ­Tjiurimo Hengari, het gister aan ­Republikein bevestig minister Immanuel Ngatjizeko het ­afgetree.In 'n nuusverklaring...

Telecom kry nóg 'n knou

58 minute gelede | Misdaad

Skurke het vandeesweek gesorg dat Telecom Namibia wéér aan die kortste ent trek. Maandag is nóg koperkabels in Cimbebasia, in Windhoek, gesteel. Volgens mnr. Oiva...

Taxi-amok ná verwarring

58 minute gelede | Ministeries

Maria Eiseb Ontevrede taxibestuurders het die Namibië Bus- en Taxivereniging (Nabta) en die Namibiese Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) daarvan beskuldig dat hulle Dinsdag onenigheid en...