So geduldig soos Job
Dit is darem ’n onbegonne taak om te soek vir ’n huis of woonstel om in Windhoek te koop, wat aan jou kriteria voldoen en daarby nog bekostigbaar is ook.
Ek kyk elke dag op verskeie bronne om net seker te maak ek mis nie dálk daardie bargain nie.
Maar, ná maande se gesoek, het ek tot die slotsom gekom my budget gaan ’n opdraande pad moet stap om by my wish list uit te kom.
Dink nie hulle was vir mekaar bestem nie, hul “persoonlikhede” verskil hemelsbreed. Ek moet seker die werklikheid in die gesig staar dat dit nie sommer gaan gebeur nie.
So die volgende stap is om aan my wish list te skaaf. Ek moet net besluit hoe ver ek gaan skaaf sonder om te veel prys te gee. Ons het die afgelope tyd in ’n hele paar plekke gebly. Ek dink in my onderbewussyn het ek ’n “studie” gemaak om uit te vind wat ons rêrig nodig het en waarsonder ons kan klaarkom. Die oorspronklike wish list is soos volg: drie slaapkamers, twee badkamers, een motorhuis, ’n tuin wat dierevriendelik is en die gewone kombuis ensovoorts.
Wel, ek het tot die besef gekom dat ek ’n slaapkamer, die motorhuis en tot die groot tuin sal prysgee vir ’n ekstra toilet.
Ja, net ’n toilet, niks meer nie.
Die slotsom is as ek nie gaan compromise nie, gaan dit dalk tot die Derde Wêreldoorlog lei. En ek sien rêrig nie kans daarvoor nie. Ek het al twee my kinders lief, ek sal nie kan kant kies nie.
Twee tienerseuns sonder enige hiccups is al klaar meer as wat enigiemand kan hanteer. Nou ja, al het ek geskaaf en nogmaals aan my lysie geskaaf, het daardie régte plekkie nog nie te voorskyn gekom nie.
Miskien moet ek net geduldig wees, want soos die spreekwoord sê, ’n haastige hond verbrand sy mond of haastigheid kan lig berou.
So ek het besluit Rome is nie in een dag gebou nie, ek het nog tyd om vir dáárdie ontwykende winskopie te wag. Ek weet net nie of my kinders saam met my sal stem nie! Die Derde Wêreldoorlog het amper dié week uitgebreek!
My wit vlaggie is in flarde, flenters, poegaai - net soos my gemoed.
Die soekery doen ek te goeder trou en ek gaan verheug en dankbaar wees wanneer ons ons perfekte plekkie gaan ontdek. Ek weet net nie wat ek die volgende dag nádat ek die perfekte plekkie gekry het, gaan doen nie.
Dit het so deel van my lewe geword om te snuffel vir plekkies dat dit seker sal voel of ek iemand naby my verloor het. Ek dink ek gaan daardie gevoel kry wanneer ek nie mag of kan koffie drink nie; of ek ’n goeie vriendin verloor het.
Dit is nooit ’n lekker gevoel nie. Ons almal is op soek na die winskopie van ’n leeftyd. Ek hoop die geluk agtervolg almal en dat julle die perfekte ietsie, waarna julle op soek is, kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie