Smurfies takel rommel by Van Rhyndam
Smurfies takel rommel by Van Rhyndam

Smurfies takel rommel by Van Rhyndam

Ronelle Rademeyer
Die kleuters van Smurfie Land-kleuterskool in Pionierspark, uitbreiding 1, het Woensdag sakke vol papiere, plastiek, bottels en ander gemors by die Van Rhyndam opgetel om dié terrein skoon te maak.

Me. Magda Labuschagne van Smurfie Land het saam met haar buurvrou, me. Elmarie Plichta, die idee gekry om die Van Rhyndam te takel omdat dit baie erg met rommel bestrooi was.

Lede van dié woonbuurt se buurtwag het onder leiding van mnr. Manfred Rittmann die kinders en volwassenes bygestaan om hul veiligheid te verseker.

Volgens Ritmann word beplan om 'n paar groot asblikke, asook kennisgewings by die dam op te rig om besoekers aan te moedig om die gebied skoon te hou.

"Talle wilde diere en voëls vind ‘n tuiste by die dam en dis belangrik om die gebied te bewaar. Vandale kap soms die bome vir vuurmaakhout af, en kwaadwillige besoekers drink en rook gereeld daar en dit is deesdae nie meer so veilig vir die jonger klomp of talle ander mense wat hul toevlug in dié stukkie pragtige natuur neem nie," sê hy.

Lede van die buurtwag patrolleer die gebied rondom die dam dag en nag, en boewe en kansvatters moet voortaan maar lig loop, waarsku hy.



Foto

Van links staan me. Elmarie Plichta, mnr. Thomas Iita, en me. Magda Labuschagne van Smurfie Land en die jongklomp. Foto JOHANN MAREE

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A