SMS'e vir 7 Maart 2018

07 March 2018 | Menings
Katrina, skaam jy jou regtig nie? Dan is jy nog ’n minister. Skandes!

NEEEF hierdie jaar geimplementeer! Ek dog dan dit is wat julle laasjaar gedoen het? Klomp besighede is nie betaal nie en van hulle moes hul deure sluit. Die pad lê wawyd oop vir enigeen met geld om sy eie besigheid te begin.

Oorlogsveterane: Ek is nou moeg van hulle gekerm en gekla oor alles wat hulle gratis kry. Nou is daar weer iets fout met die beplande sorg-en ontspanningsentrum. Weet julle wat wil julle hê? Daardie geld, kontant in hulle sakke. Net soos mense wat oor die "genocide" baklei en verskil. Hulle soek kontant. Wil alles net van die regering hê en hê en hê. Waar kom al daardie geld vandaan? Werk vir ’n slag en hou op kla. Lekker dag vir die hardwerkende Namibiërs!

We the public wish to know when we can enjoy the beautiful Tintenpalast Gardens again. Why are they closed to the public? We have such few green areas in Windhoek as it is!

Ek wil 100% met jou saamstem mnr. Bekommerd in verband met die nuwe haweprojek. Ons inwoners van Lüderitz staan regtig nie saam om die dorp op te bou nie. Laat ons saam staan en vir mnr. eerw. Scholtz ondersteun met die nuwe haweprojek. Ons “Town Council” in Lüderitz moet rêrig wakker skrik, uit hul kantore kom en kyk hoe die dorp agteruit gaan. By hoeveel myne, damme, spoorlyne, lughawens (Walvisbaai se nuwe hawe en vernaamlik die diamantbote op see) word daar nie gepraat van “environmental threat” nie? Gaan dit nou regtig oor 'n “environmental threat”, of gaan dit oor werksgeleenthede skep op Lüderitz?

Swakopmund Waterfront traffic, noise and air quality complaints: Now the municipality is going to take corrective measures? Kramersdorf along the main road has had the same, worse problems, complaints for years and years and all complaints have fallen on deaf ears! We had and still have to endure noise and air polution, unsafe conditions for children and bicycles with huge trucks going through residential area all hours of the night and day and nothing has come of the promised diversion road along the river, because the rich built their palaces in that area? Municipality authorities we have the same rights and also demand a diversion for our safety! Council explanation, solution welcome!

Dis baie teleurstellend dat ons "distance"-studente vir 2018 “teaching posts” aansoek gedoen het en nou nog sonder werk sit. Antwoorde asseblief!

Ek wil net graag weet. Nie ek of my man het hierdie maand ons pensioene ontvang nie. Is daar enige probleem met uitbetalings vir oumense?

Ek wil net sê ons president sê ons Namibiese swart mense kry swaar, maar ons almal kry swaar. Hoeveel besighede het toegemaak, wat die staat nie betaal nie, en al daardie mense is sonder werk. President, stuur net elke einde van die maand iemand sodat hulle kan sien die drinkplekke en hoe dit daar gaan, want die drinkplekke is vol en môre is daar nie geld vir kos vir die vrou en kinders nie. Kyk dat elke drinkplek geregistreer is, dan sal dit beter gaan.

Hoor maar hoe kla die arme mense oor die hospitaal wat so vuil is en dat kakerlakke en muise oor die pasiënte hardloop. Ja, die intensiewe skoonmaak van ’n privaat firma sou nie drie dae hou nie, wat wil hul nou maak? Skoonmakers en werkers word aangestel, maar lê daar rond en mors nog meer, dan kry hulle nog salarisse daarvoor en dra nog die hospitaalkos ook weg. Alles is in sy peetjie in hierdie land. Daar sal weer van belastinggeld gevat moet word om die hospitaal skoon te kry, van privaat firmas. Hulle vat amper ses maande om die hospitaal skoon te kry en na drie dae lyk dit weer so en die skoonmakers sit en kyk, doen niks! Kry betaling. Lekker Namibië!

I’m extremely disappointed to hear that person like Job Amupanda is putting money above people who sacrificed their lives for this country to become independent from colonial rule, suggesting that independence celebration should be cancelled to save money. We're having brothers and sisters who lost their lives for this country to be as it's today, so that a person like Job Amupanda can talk the way he is talking. Independence means we must remember those who dedicated their lives for this country to be free from oppression, not to take money as important, but to remember that a person's life is extremely more important than money. Long live fallen Heroes. Long live Namibians.

Wanneer word Windhoek se grasperke gesny? Met die droogte kan boere hul beeste laat wei in die stad. Dit is ’n seer oog om Windhoek so onnet te sien!

Ja! Gee die keiser wat hom toekom. Nie wat hy besluit het om van jou te steel nie.

Henriette, uitstekende “Sê maar net”. Eg Namibiaans.

NamPost kan trots wees op mev. Ilse van Wyk. Sy het uitstekende werk gedoen om ons pakkie op te spoor, wat veronderstel was om oorsee toe te gaan, maar skielik in Johannesburg beland het. Sy het dit reggekry om die versending van ons pakkie aan die gang te kry sodat die pakkie uiteindelik by sy bestemming ontvang is. Hartlike dank aan mev. Ilse van Wyk. - Dankbare kliënte

Hi, geliefdes! Ek soek tog boereraat vir onder meer spataarbene wat swel. Gebruik disprin, maar dit help nie. Bloedverdunners dalk? Sterker? Baie dankie.

Aan die dame op Mariental wat haar derm af gewerk het, wil ek net sê sterkte en wees tog versigtig in die toekoms.

Dankie, FNB, dat julle ’n Afrikaanse vraag in Afrikaans geantwoord het. (Republikein 27 Feb. 2018)

Ek het ’n bestuurderslisensie en ’n ID van Adolf Kurt Sagner op getel. U kan my bel by 081 396 3479.

Soortgelyk

 

Theo Mujoro is nuwe hoof van verkiesings

21 ure gelede | Politiek

Mnr. Theophilus (Theo) Mujoro is vanaf 1 September vanjaar vir ‘n tydperk van vyf jaar aangestel as die nuwe hoof verkiesingsbeampte van die Verkiesingskommissie van...

Nuwe spoedkameras getoets

22 ure gelede | Infrastruktuur

Die Namibiese polisie se verkeersbeamptes toets van gister af die werking van nuwe spoedkameras op Namibië se hoofpaaie. Veral in die Erongo- en Otjozondjupastreek word...

Onderwys: ‘Gebruik wat julle het om fondse in te...

22 ure gelede | Onderwys

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa het ’n beroep op skole gedoen om beskikbare middele te gebruik om fondse vir hul...

Otjomuru-kliniek aan regering oorhandig

23 ure gelede | Gesondheid

Die Otjomuru-kliniek naby die Otjomuru-nedersetting sowat 27 km oos van Okangwati in die Kunenestreek, is aan die regering oorhandig. Die konstruksie van die kliniek was...

Nuwe visekanselier vir Unam

23 ure gelede | Onderwys

Die Universiteit van Namibië (Unam) sal voorleggings deur die vier kandidate vir die universiteit se visekanselierspos regstreeks op YouTube, Twitter, Facebook en hul webwerf uitsaai.Die...

Windhoek se krane dalk oor twee seisoene leeg ...

1 dag gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Windhoek het genoeg water om twee reënseisoene te dek, indien dit bykomende waterbronne in die Noorde, asook die Windhoek-akwifer onvolhoubaar gebruik én...

Wag die Skedelkus op Harry en sy bruid?

1 dag gelede | Toerisme

Des Erasmus - Prins Harry-koors teister die gebied tussen Hentiesbaai en die monding van die Kunenerivier op die noordgrens en die ooreenstemmende leeu- en renosterwêreld...

Weer vir 22 Junie 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud aanvanklik in die binneland. Dit sal gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm oor die verre Noordooste en die Khomasstreek wees. Elders sal...

Fosfaat-debat begin oor

1 dag gelede | Omgewing

Augetto Graig - Die ontginning van fosfaat op Namibiese seebodem is vir eers van die baan af. Die minister van die omgewing en toerisme,...