SMS’e vir 5 Desember 2019
“. . . omvang van die skade . . .”
My mede-Namibiërs, as julle die bedrae (waarvan ons weet) wat tot dusver gesteel of deur korrupte wyse deur die land verloor is deur 2,4 miljoen deel, dan sal julle die omvang van die skade besef wat die politici die land berokken. Ek wil nie eens praat van die ander stelery wat ons nie of nooit sal van weet nie. Skandes.
Rehoboth se kinders is verlore en rigtingloos. Kinders verwek kinders amper asof hulle aanteel soos konyne. Wanneer ‘n seun ‘n meisie wat nog kind is swanger maak, lyk dit soos ‘n prestasie. Dis Sodom en Gamora op daardie dorp.
As almal kus toe trek oor stygende temperature gaan ons almal van dors dood!!
Dis nou die 5de jaar agtereenvolgens dat ek my posbus betaal op Otjiwarongo en ek mail die proof of payment vir hoofkantoor. Kom ek by posbussie, is die ding geblok en moet ek in ‘n ry staan net om die mense te oortuig om my posbus oop te sluit. Kan ons nie maar verlos word van sulke treurige diens nie.
Daar is geen beter plek as Heja Lodge vir Kersfeesmiddagete nie. Uitstekende waarde vir jou geld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie