SMS'e vir 31 Julie 2020

31 July 2020 | Menings
Cran, hoekom hou julle 'n perskonferensie by 'n duur hotel? Spaar ons geld en hou die perskonferensie by jul kantore.

Ek wil vanmôre ’n vriendelike versoek doen op al die fishing qouta holders. Dit is nou tyd om die inwoners wat deur die brand geteister is, te help. President, versoek of beopdrag hulle om dit te doen. Hulle het ook social responsibilities teenoor inwoners van ’n dorp.

Aan J.C.J Kotze, “A pro-life matter”: As Adam in die paradys en die Adams van vandag hulle vrouens beskerm het soos hulle moet, sou aborsie nie ’n issue gewees het nie.

Net die feit dat Nelius Becker verwyder is, bewys vir die wêreld dat die vrot by die kop begin. Meeste in die regering is skuldig. Is daar ’n regverdige regter oor in Namibië? Staan op en doen jou werk vreesloos. Jy is dit verskuldig aan hierdie nasie se toekoms.

Nog ’n skuif by die ACC. Dit is net om die ander wat nog nie gevang is, te beskerm. Kan nie glo hoe korrup die regering is. Geen skaamte!

Die spotprent van Republikein op 30 Julie 2020. Die N$4,5 miljard word nie by die IMF geleen. Dit is die IWF. (IWF is die Duitse afkorting.)

Kan Windhoek-munisipaliteit asseblief die teerstrate verf. Dis al so dof mense kan nie meer die pyle sien nie of enige tekens nie. Verf die teerstrate, Windhoek!

Kan die Windhoek munisipaliteit asseblief aan die mense wat hulle salarisse betaal verduidelik hoeveel dit hulle ekstra sal kos as die munisipaliteit verskaffers van telekommunikasiedienste word.

Alles val in elk geval vir die afgelope dertig jaar uitmekaar.

Ons bid en ons ontvang nie, moontlik bid ons verkeerd. Kom laat ons reg bid. Ek kanselleer jou bosegees Covid-19, jou droom deur my Woord deur my mag en krag Almagtige. Ja, ek stop jou, weg is jy wêreldwyd tot in ewigheid. Groete aan almal. Van die teenwoordige gesalfde, Sedney J Ockhuizen.

Hoera, lesersfoto’s is terug! Dankie vir al die oulike dierefoto’s om lesers te laat glimlag. Ondanks al die slegte nuus oor Covid-19, korrupsie, rampe en nog wat.

Dankie vir die plasing van Ferrari, waardeer. – Andre

Kan MTC asseblief sê wat word van die geld wat gelaai word op die fone. Dit verdwyn net, al het jy Aweh gelaai. Al ’n hele week lank.

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

2 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

3 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

7 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

18 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

18 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

18 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

18 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

18 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...