SMS'e vir 3 Februarie 2021
"Brutaal onbeskof . . ."
Ek was in die week twee keer by ’n bank (naam verstrek) in Katutura en nie die konsultante of tellers het ’n masker aan nie en kom praat met die kliënte. Wat gaan aan en kan die bestuurder of iemand in beheer nie wakker skrik? Ai tog, dis ’n jammerte!
Die kiesers van die Berseba-kiesafdeling moet hulle gelukkig ag om ’n geskoolde, visioenêre raadslid soos Jeremias Goeieman te hê. Die manier hoe hy sy beplannings doen, is ’n aanduiding dat dit goeie resultate sal oplewer. Die nuwe gekose raadslede van veral die Hardap- en llKharasstreke sal ongelukkig moet verlief neem dat ons hulle met so ’n leier sal vergelyk. So ’n man verdien die ondersteuning van almal ongeag die politieke affiliasie.
Ons wil die personeel net bedank by Republikein wat elke weeksdag die Blou Bollie en ander koerante hier by die Swakop Aftree-oord aflewer. Hannes die koerantman, dankie nogmaals.
Mense, dis darem ’n jammerte dat mens nie na jou familie wat T-Mobile kliënte is, kan ewallet nie. T-Mobile, trek jul sokkies op! Julle gaan net flop.
Verwys na ure sonder antwoorde, 1 Februarie 2020. Het ’n soortgelyke ondervinding by die SA ambassade gehad met die toonbankklerk. Brutaal onbeskof, onbehulpsaam en onbevoeg om met die publiek te werk.
Ek wonder wat in die president se kop aangaan as hy soveel snert praat oor die Zambezi-skietery. Hy moet so gou as moontlik uit sy pos verwyder word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie