SMS’e vir 25 Maart 2019
Dis wat die verskil in ons mooi land Namibië maak. Ons 13 kultuurgroepe wat bestaan uit ongelooflike mense wat mekaar aanvaar en van Namibië ‘n plek van liefde en vrede maak. Ons vier in vrede ons land se onafhanklikheid sonder om mekaar af te breek en kwaad te stook. 10 uit 10 vir ons Namibiërs!
Die onwettige boomkappery duur voort en word nie deur die GRN aangespreek nie, want ‘n staatsamptenaar in ‘n hoë pos het seker aandele in mnr. Hou se maatskappy. Kan aktiviste die Ombudsman vra om hierdie saak te ondersoek? Net hy sal iets regkry.
Geingob erken ellende, maar sien nie hoeveel van die mense wat nog ‘n geldjie het dit eerste aan drank en selfone spandeer voor kos gekoop word. Ek sien hierdie goed by ons poskantoor waar kinderpensioen uitbetaal word en hoe taxi’s oumense uitbuit om hulle te vervoer, want as jy nie vandag gehelp word nie moet jy môre weer kom in die ry staan. Maak jy dit nie, moet jy dag drie kom. Nou is die skuld so hoog dat die taxi’s al hulle geld vat. Daar sal seker weer droogtehulpkos te koop wees soos voorheen.
Is dit nie belaglik nie dat die regering oor die honderd miljoen dollar spandeer op huise van vorige presidente terwyl ons hospitale krepeer van ellende. Berig in Namibian van 23/03/19. Lees die berig. Jou hare sal regop staan.
Jammer mnr. President, maar Namibië is beslis swakker af. Daar was geld, die land was skoon, hospitale was die beste in die wêreld, daar was ontwikkeling, Vandag is ons meer in ‘n gemors. – Charl Opperman
Die LGBTQ-oproep tot rasionele denke en gepaardgaande aanval op Christene versluier so effe die eintlike motief vir die uitbarsting, veral in die lig van ons sekulêre konstitusie en met reg tot kritiek, maar geen vrees vir vervolging nie. Vryheid vereis natuurlik die volwassenheid om kritiek verantwoordelik te hanteer sonder aanvalle op andersdenkendes se geloof en lewensfilosofie, behalwe natuurlik as die LGBTQ-onderwerp maar net die weereens die voet in die deur is om die Christendom by te kom. Met jou selfversekerde aanval op die Christendom is jy besonder kleinserig oor enige kritiek teen jou lewensfilosofie. Doen wat jy wil met die moed van jou oortuiging asook die gesonde verstand om te besef dis nie net Christene wat van jou verskil nie. Hoekom toelaat dat andersdenkendes jou andersheid kritiseer tensy jy reken dat die verwarde Christene jou tog 'n plegtige seremonie in wit verskuldig is op jou groot dag.
Geagte Anoniem met betrekking tot rasionele denke. U moet nie die Bybel in diskrediet bring net om gays se verkeerde dade teprobeer regverdig nie. Toets die Bybel se getrouheid aan al die profesieë wat bewaarheid is en ook in ons tyd in vervulling gaan en jy staan verstom oor die Godheid van die Woord. Ons gaan eersdaags geoordeel word (nog ‘n profesie) net soos in die dae van Sodom en Gomorra (Luk. 17:29-30). Hierdie is woorde wat Jesus gespreek het as u nie vir Paulus wil glo nie. Onthou: daar is genesing deur die bloed van Jesus vir alle sondaars (1 Kor. 6:9-11).
Anoniem se brief van Vrydag verwys. Die Woord is lewend en kragtig. Jesus met wie jy spot het ook vir jou sondes gesterf. Ek hoop jy kom betyds tot inkeer. – Johan

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie