SMS'e vir 18 September 2019

18 September 2019 | Menings
Die vingerwys tussen die grootkoppe is net 'n camouflage. NBC sal bailout ontvang. Die tyd voor 'n groot landsgebeurtenis sal my presies reg bewys.



Groter, beter Hosea Kutako is dalk goed, maar goeie en vriendelike diens kan 'n baie groter impak hê.

- Charl Michiel Opperman



Padblokkades help niks nie as net ­sekere mense ondersoek of hulle karre deursoek word. Ek het al by padblokkades gestaan waar oorvol voertuie verby gewuif word en ons drie dames gestop word en allerhande vrae moet beantwoord en opgehou word met onbenullighede.



Die kerk met sy Kerkbode raak deesdae soos 'n voorbode. Die wil van God is nie van toepassing as iets negatief met jou gebeur nie, dan is dit jou eie swak keuse. Maar wanneer iets goed gebeur, is dit die wil van God. Wat 'n dubbele standaardmening word nou gehuldig deur die weet alles mense, terwyl diesulkes ook verkondig ons almal weet nou net ten dele en sal later eers meer (alles) weet. Die hele debakel maak nou van die Bybel-blaaie 'n goeie zoldraai holy smoke. - Jan Brand



Dit is tragies dat die arme gestremde vrou elke dag van vroeg tot laat by Grove in die besige straat moet staan en bedel. Waar is die hele familie wat sy moet onderhou se menslikheid? Ook waar is die menslikheid van die owerhede om dit toe te laat? Wie ookal daaroor melding gemaak het, ek stem 100% saam. Dalk moet ons gaan inwag en kyk watter hartelose mense haar daagliks daar gaan aflaai en self die storie stopsit. Party dae kan mens die moegheid en pyn in haar oë sien. Doen asseblief iets daaraan.



Job Amupanda wake-up! There is life after Swapo party. Move on - free yourself!



Suid-Afrikaners vlug Namibië toe, as gevolg van die geweld daar. Namibiërs vlug wanneer die nood dreig. Sê maar ek luister. - SAP&H



City of Windhoek, Please put stop on Hendrik Witbooi with Bernt Carlson. Drivers take the north direction slipway of Bernt Carlson into Hendrik Witbooi and u-turn then on Hendrik Witbooi to go south. The u-turns are done even if cars are coming. Hendrik Witbooi is a race track along Pionierspark.



Kan nie wag vir die Wêreldbeker om te begin nie. Wens ek kon siekverlof insit tot vroeg November, of dalk is my baas bereid dat ek later die dag ekstra ure insit. Dominee moet my maar byvoorbaat vir Sondag se ­oggenddienste verskoon.



Ek koop elke dag die Republikein en lees dit van voor tot agter. Is daar dalk iemand wat dit kan gebruik? Dan het ek ook Purity botteltjies as iemand dit kan gebruik. Miskien kleuterskole? – 081 758 6024

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

12 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

1 dag gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

1 dag gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...