SMSu2019e vir 14 Mei 2021
SMSu2019e vir 14 Mei 2021

SMS’e vir 14 Mei 2021

Dani Booysen
As daar nie meer 'n dokter, tandarts of enige verskaffer bereid is om dienste aan Psemas-lede te voorsien nie waarheen moet ek as pensioenaris gaan? 'n Toordokter? Ek betaal elke maand my bydrae; hoekom mag ek nie waarde vir geld kry nie? Psemas is pateties!



The people commenting on the Psemas saga saying doctors have a moral obligation to provide service and should charge less and in line with Namaf tariffs: Do you know that service providers are being paid by Psemas on 2014's tarrifs? Yes, that is correct! For 7 years there has been no price increase for doctors. Please do not comment should you not know the full background.



As mnr. !Gawaxab banke bekostigbaar wil maak, kan hy gerus by die N$12 AVM-onttrekkingsfooi begin wat beslis NIE bekostigbaar is nie.



Boulter: belang van geregtigheid? So weiering van borg word nou as straf aangewend? Ek dog aanhouding voor verhoor is om voortsetting van die misdaad of ontsnapping/ontvlugting te verhoed.



Jammer oor wyle Scheepers. Ek stap baie met my honde verby daardie gevaar in Rugbystraat en het al lank­al die gevaar gesien. Die helfte van die rylaan was 'n groot gat sedert die reëntyd, maar CoW het niks daaraan gedoen nie behalwe die 2 klein hope sand wat 3 weke gelede daar afgelaai was sonder gevaarborde. Ek dink almal by Old Wheelers kan ook daarvan getuig. Dagvaar die CoW vir nalatigheid.



Ek hoop iemand wys die verkeersowerhede daarop dat ons verkeer binne 'n paar kort jare soos die gemors in Nigerië gaan lyk omdat die cops nie werk nie. Almal ry soos hulle wil, waar hulle wil.



Ek lees dat Namibië se dokters sê hul het 'n tekort aan suurstof. Sê tog hul moet buite staan: die lug is vol suurstof. Laat die mense die suurstof inasem dan's jul probleem opgelos.



The reason why LPM has become the most disliked movement to do away with at all cost is because they don't mince words and call a spade a spade and start to point out institutionalised racism where the demographic of Namibian society is over shadowed by the executive tribe in most top positions. Look who's in charge of our navy, NDF, police, fisheries, diamonds? Where are the rest of Namibian representation in this so-called Namibian house? Kamma no one must be left out? This Swapo GRN simply don't trust us! Hage, I think is just a caretaker president, thereafter one way traffic. – Namalander



Die opsigter Seniorpark Mr. Hartney. Dankie vir jou harde werk, jou mens­likheid, jou manier hoe jy mense behandel en hanteer. Bid jou sterkte en gesondheid toe. – 'n Dankbare inwoner

Kommentaar

Republikein 2026-04-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer