SMS'e vir 11 Oktober 2019

11 October 2019 | Menings
Ek praat al geruime tyd oor die huidige omstandighede, korrupsie en dies meer in ons land. Ek besef toe die probleem lyk so: Ja, die ouens in die koloniale tyd het ook gevat, maar met 'n verskil. Ons het gewerk, kinders was getugtig in skole en dinge het vorentoe beweeg. Hulle het die koei eers gevoer en dan gemelk en gelos dat dit weer wei en voortplant, maar onse Swapo-ouens melk die koei kurkdroog en asof dit nie genoeg is nie, vat comrades sommer die hele bees sonder om te dink aan die toekoms. Ja, ek weet nie so mooi nie.



Ek wonder maar net. 29 jaar en geen verandering op Kappsfarm nie. Water, wat belangrik is, moet gesoela word om 'n bestaan te maak. Die inwoners word net verkiesingstyd geken en is daarna vergete op die planeet aarde.



Beloftes word nou probeer red. Stinkwater se menere kry toilette. Bravo, maar net by sekeres. Senior burgers uitgelaat, of is dit net die witbroodjies wat kry of hoe staan sake?



Ek stem saam met die berig oor landbou moet minder op reën staatmaak.



Trump se 70% bewonderaars moet dan 70% mans van die brannas en Coke brigade wees, want malkoei werk nie!



Swakopmund-polisiemotor POL 8220. Jy bestuur 'n onpadwaardige voertuig wat se briekligte en agterligte nie werk nie. Laat maak die goed reg, ons betaal daarvoor! – Swakopmunder



Hercie Bason. Dalk is jy reg oor een ding. Daar was nie in daardie tyd soveel moord, doodslag, verkragtings ens. om oor te berig nie. Hulle noem dit in vandag se terme vryheid van spraak. As dit 'n probleem is om van al die nuus te lees, koop 'n ander koerant.



Kommerwekkend neem ek waar dat mense oor die algemeen (hopelik oningelig) iemand wat die woord van God verkondig deur die bank dominee (ds.) noem. Daar is 'n groot verskil tussen 'n dominee, pastoor, priester, vader of pater. In dieselfde konteks is daar ook 'n groot verskil tussen 'n dokter medies, doktor geleerdheid en dokta' van wat ookal. – SAP&H



Ek het sommer geweet hiervan sal niks kom nie. Soos met al die voriges. – JJ



Ek is 'n vlieënier en ons vlieg twee keer vanaf Eros Airport af per dag. Soms moet ons permitte by Airport Security uitneem, maar kom by die kantoor, dan is dit toe. Ons vra rond, dan word ons gesê daar is niemand nie, want management spaar op oortyd. Nee tog NAC, hulle management is nooit op kantoor nie en weet ook nie wat daar aangaan nie. Stel mense aan om die oortyd te vermy en sodat ons nie delays het nie.



'n Baie ongewone gebeurtenis het vandag (gister) plaasgevind. Swakop se verkeersafdeling vang vir spoed. Kon my oë nie glo nie. Hoop net hulle instrumente is gekalibreer.



My bank van wie ek al 57 jaar + 'n kliënt is . . . Ek het nou al jare 'n spesiale spaarrekening en kon net kontant oor die toonbank onttrek. Laasweek kom ek agter dat my saldo omtrent N$4 000 minder is as wat ek verwag het en vra 'n staat aan, vanaf 1 September. Ek merk op dat my rekening op 19 September met N$3 200 ­gedebiteer is, vir onttrekkings fooie, en daarna met N$100 per onttrekking. Die bank het besluit om die heffing vanaf 1 Julie te implementeer sonder om my daarvan in kennis te stel. Baie professioneel! Die ­bestuurder is nie beskikbaar nie en ek gaan sien 'n juweel van 'n dame. Sy meen dat ek 'n verkeerde tipe rekening het as pensioenaris en reël dat ek 'n ATM-rekening open. Ek skarrel nou om deposito's en ­debietorder betyds te kry. N$4 000 is baie geld vir 'n pensioenaris. Ek gaan beslis die saak aanroer, dit grens aan bedrog en ek kan nie slaap nie. Hoeveel ander kliënte word ingeloop wat dit nog nie agtergekom het nie? Ek wag in spanning vir die beloofde oproep. – Johan van Heerden

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

23 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

23 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

23 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

23 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

23 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...