'SMS-soene' lei na moord
'n Veertigjarige man het in die Windhoek-hoërhof erken hy het sy vrou vermoor.
Jacqueline Louw
Willem Saul (40) van Gobabis het skuldig gepleit op 'n aanklag van moord.
Hy het op 8 Februarie voor regter Dinnah Usiku in die Windhoek-hoërhof skuld erken en die hof van 'n geskrewe pleitverduideliking voorsien waarin die gebeure uiteengesit is wat tot die aanval op en dood van sy vrou, me. Ingenesia Saul (37), gelei het.
In Saul se pleitverklaring word beskryf hoe hy en sy vrou op die oggend van 7 September 2015 in 'n noodlottige struweling betrokke geraak het toe hy 'n boodskap van 'n ander man, 'n gemeenskaplike vriend van die paartjie, op haar selfoon ontdek het.
Saul het sy vrou geklap en haar selfoon probeer gryp. Sy het in die gevolglike worsteling op die vloer geval. Terwyl sy op die vloer gelê het, het Saul 'n kombuismes gegryp en haar in die linkerarmholte gesteek. Toe sy probeer opstaan, het Saul haar teen die agterkop met die stomp kant van 'n byl geslaan. Sy het opgestaan en het teen die kombuisdeur geval waar hy haar nóg twee keer met die skerp kant van die byl teen die kop gekap het. Ingenesia het op die toneel gesterf.
Saul het verder in sy pleitverklaring genoem dat die boodskap op sy vrou se foon “romanties” was en dat sy dit met “SMS-soene” beantwoord het.
Regter Usiku het Saul op grond van sy pleit skuldig aan moord bevind.
Die verhoor is tot 22 Februarie uitgestel vir die aanhoor van argumente vir vonnisoplegging.
Saul word deur mnr. Titus Ipumbu verteenwoordig en staatsadvokaat Marthino Olivier tree namens die staat op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie