SMN: Nu00f3u00fa is die tyd vir verandering
SMN: Nu00f3u00fa is die tyd vir verandering

SMN: Nóú is die tyd vir verandering

Gerine Hoff
So tussen die kommer oor wat hierdie virus aan ons kan doen, gebeur iets wonderlik: Die feit dat meeste fabrieke gesluit is, minder vliegtuie in die lug is en meeste van ons nie heen en weer tussen werk hoef te pendel nie, het ’n reuseimpak op die natuur.

Julle het waarskynlik al foto’s gesien van hoeveel skoner die lug in China en Italië is, so ook die water van die Grand Canal in Venesië. Die coronavirus het gelei tot ’n verstommende afskaling in ekonomiese aktiwiteite en ’n drastiese afname in die gebruik van fossielbrandstowwe.

In China het maatreëls om die virus hok te slaan, ’n daling van ongeveer 25% in koolstofvrystellings meegebring. Wetenskaplikes meen daar is in dié tyd ’n ongelooflike 200 miljoen ton minder koolstofdioksied in die lug vrygestel!

Niemand stry dat die pandemie’n tragedie is nie. Maar, soos die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies onlangs gesê het, is die bedreiging van Covid-19 tydelik, terwyl die bedreiging van hittegolwe, oorstromings en geweldige storms bly toeneem.

Moet die krisis dan juis nie ’n wake-up call vir almal wees nie? Dat ons besin oor hoe elkeen van ons ’n daadwerklike verskil kan maak om ’n beter, gesonder toekoms vir onsself en ons nageslag te bou nie?

Dalk, terwyl ons besig is om blikkieskos en toiletpapier op te gaar, neem ons behoefte aan nice to haves af? Dalk besef ons dat dit regtig nie nodig is om kantoorgebonde te wees om jou werk te verrig nie?

Want afgesien van die fabrieke wat gifstowwe in die lug in pomp, kan jou gedrag ook ’n impak maak.

Hoekom kan en móét jou gedrag ’n verskil maak?

Omdat wetenskaplikes meen hierdie verbeterde luggehalte en die skoner natuur is nie van lange duur nie en dat alles na “gewone” (lees vuil) vlakke sal terugkeer sodra die krisis verby is.

“Sodra die Chinese ekonomie herstel, verwag ons ’n reusetoename in vrystellings om verlore produksietyd in te haal,” sê die klimaatswetenskaplike Zeke Huasfather. “Oor die algemeen is die enigste werklike tye wat ons die afgelope dekades wêreldwyd ’n vermindering in uitlaatgasse gesien het, tydens groot resessies. Maar selfs dan is die gevolge kleiner as wat mens dink.”

Hy sê voorts, kry ons in sulke tye’n blik op ’n beter wêreld – een wat nie in kweekhuisgasse verstik nie.

Eintlik meen wetenskaplikes die gebruik van fossielbrandstowwe sal wêreldwyd met ongeveer 10% moet afneem en ’n jaar lank volgehou word om ’n noemenswaardige verskil in CO2-vlakke mee te bring.

Maria Castellina van Friends of the Earth, het gesê die coronavirus is ’n herinnering dat ons almal deel is van ’n globale gemeenskap en dat ons moet saamwerk om probleme op te los. “Dit is ’n kans om medelye te betoon; om die ouer garde te help; om jouself af te sonder om ander mense te beskerm. Gebruik vriendelikheid en aanpasbaarheid as grondslag om ander wêreldwye krisisse aan te pak.”

Dit is nie te laat om jou gewoontes te verander nie – hoe gering ook al, kan dit ’n beter toekoms vir almal skep.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.6 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.90/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 2 894.50/T DOWN -2.02% | Brent Crude Oil US$ 83.66/BBP UP +0.13% | Platinum US$ 974.40/OZ DOWN -0.0043 #N/A