Smith moet vinnig spring ná aanstelling

Krieket
Altus Momberg en Johann De Jager - Krieket Suid-Afrika (KSA) het nog ’n halwe tree in die regte rigting gegee met Graeme Smith wat die pos as die nuwe direkteur van krieket aanvaar het.

Dit is egter net ’n halwe tree aangesien Smith net tydelik in die pos aangestel is.

Ná weke van woelinge in die KSA is Jacques Faul Saterdag as die waarnemende uitvoerende hoof aangestel in die plek van die geskorste Thabang Moroe. Faul het Woensdag in Kaapstad met Smith (38) vergader waar hy en die voormalige toetskaptein tot ’n vergelyk gekom het.

KSA het in ’n verklaring bevestig dat Smith die pos sal vul tot en met die begin van 2020 se Indiese Premierliga (IPL). KSA het in ’n verklaring bevestig dat Smith die pos sal vul tot die begin van 2020 se Indiese Premierliga (IPL).

Hy het reeds kontraktuele verpligtinge as kommentator in dié reeks. Dié T20-toernooi word tradisioneel in Maart en April of April en Mei gespeel, wat beteken dat Smith in werklikheid tot die einde van die huidige krieketseisoen aan die stuur sal wees.

Na verneem word hoop die KSA-base dat Smith die pos van direkteur ná die IPL heeltyds sal vul.

Smith gaan egter onmiddellik aan die werk moet spring. Engeland se toetsgroep land Saterdag in Johannesburg en Suid-Afrika het nog nie ’n sameroeper van die keurkomitee aangestel nie en daar is ook groot onsekerheid of Enoch Nkwe, die waarnemende afrigter van die Proteas, weer die leisels sal neem.

Faul het bevestig Smith moet die besluite oor die afrigtingspan en die keurders neem en dat dit so gou moontlik gedoen moet word.

Gerugte doen intussen die ronde dat Mark Boucher, die Titans-afrigter, Smith se gunsteling vir dié rol is. Jacques Kallis se naam is ook as ’n kolfkonsultant genoem. Smith het lank saam met Boucher en Kallis gespeel.

Smith moet vinnig werk, aangesien die eerste toets teen Engeland op 26 Desember in Centurion begin.

“Ek is baie bly om Graeme se aanstelling te bevestig. Graeme het natuurlik sekere bekommernisse die laaste paar maande gehad. Ek is egter bly te kan sê ons het dít oorkom en ek sien daarna uit om saam met hom te werk,” sê Faul in die verklaring.

“Graeme is statisties gesproke die suksesvolste toetskaptein in die geskiedenis. Hy is ’n natuurlike leier en sy kennis van die spel is aan niemand s’n ondergeskik nie. Om hom aan boord te hê om te help met die bestuur van beroepskrieket, sowel as ons toevoer van toekomstige spelers, is ’n reusehupstoot vir krieket in die land.”

Om hom aan boord te hê om te help met die bestuur van beroepskrieket, sowel as ons toevoer van toekomstige spelers, is ’n reusehupstoot vir krieket in die land.

“Ek is so passievol soos altyd oor SA krieket en ek sien uit daarna om te begin in die nuwe pos. Daar wag baie harde werk en doelwit is om ’n positiewe invloed in my tyd in die pos te maak,” sê Smith.

Faul se vergadering met Smith was egter nie sy enigste agenda-item vir die dag nie. Faul sou ook later Woensdag met die Spelersvereniging (Saca) vergader het om die proses te begin om verhoudinge tussen dié partye te herstel.

KSA en Saca is steeds in ’n hofgeskil gewikkel oor die herstrukturering van beroepskrieket in Suid-Afrika. Netwerk24 verneem dat KSA se lederaad, wat uit die 14 provinsiale presidente bestaan, Vrydagaand besluit het om nie die beoogde herstrukturering te herroep nie, maar bloot nou met Saca daaroor te praat.

Saca het juis KSA hof toe gesleep omdat hulle nie gekonsulteer is oor die besluit nie en KSA ook nie tersaaklike inligting daaroor wou beskikbaar stel nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.54/OZ UP +0.34% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.51% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.93/BBP UP +0.04% | Platinum US$ 912.53/OZ DOWN -0.0037