Sluit van howe in openbare belang- Dausab
Sluit van howe in openbare belang- Dausab

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

Ofskoon ’n regsbeampte onlangs in kontak was met ’n bevestigde Covid-19-geval werp die regbank alles in die stryd vir die voortsetting van hofverrigtinge.
Denver Kisting
Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid van personeellede, sal dit nie tot stilstand kom nie.

Sy het gereageer op nuus dat ’n regter onlangs in kontak gekom het met ’n bevestigde Covid-19-geval by die boekbekendstelling van die regter-president en adjunkhoofregter Petrus Damaseb.

Dausab het Maandag by navraag gesê: “Soos dit was tydens die inperking sal sekere dienste steeds voorkeur en toegang tot howe geniet, soos kinderaangeleenthede, sake van huishoudelike en seksuele geweld, eerste verskynings en dringende sake en appèlle.”

Die huidige toedrag van sake skep naas die uitdagings wat dit teweeg bring ook moontlikhede, sê die justisieminister. “Dit gee ons ook die geleenthede om aan nuwe maniere te dink oor hoe ons goed doen. Die howe en die justisiestelsel moet meer dienste deur middel van digitale platforms beskikbaar stel.”

Die betaling van onderhoud geskied reeds deur middel van elektroniese fondseoordrag, sê sy. “So, dit is nie nodig om fisiek teenwoordig te wees om jou geld te ontvang nie, maar ons moet ons beskikbaarheid verbeter op e-pos en die telefoon in die gevalle wanneer daardie platforms probleme het.”

Dausab het toegegee agterstande en vertragings met die afhandeling van sake kan nie volkome vermy word nie. “Dié is moeilike tye en ons moet hoe ons goed doen, aanpas, en ons moet aanpasbaar wees, maar die waarheid is: Die coronavirus sal met ons, vir ons, wees en ons moet leer om daarmee en daarrondom te leef.”

Sy sê toegang tot geregtigheid sluit die beskikbaarheid van regsdienste, soos onderhoudbetalings, regshulp en toegang tot die dienste van die meester van die hoërhof, in.

Baie van dié dienste, sê sy, is tans via die e-justice-platform beskikbaar.

Normaalweg staan regters, landdroste en aanklaers vir mekaar in behalwe in gedeeltelik voltooide verrigtinge, sê Dausab.

Nou is ook ’n geleentheid vir diegene wat nie in kwarantyn of isolasie is nie om hulle kollegas by te staan, sê sy.

Regters gemasker

Die regbank sê by monde van sy woordvoerder, mnr. Ockert Jansen, alle regters wat Damaseb se boekbekendstelling bygewoon het, het deurgaans maskers gedra.

Net een van hulle het kontak gehad met die bevestigde geval, sê Jansen.

Regters van die hooggeregshof werk in elk geval tans van die huis af, omdat hul volgende hofsittings eers vir Oktober vanjaar geskeduleer is, sê die woordvoerder. “Wat die hoërhof betref, selfisoleer sommige regters en personeellede vanweë die positiewe geval van ’n personeellid wat (sowat) ’n week gelede aangeteken is. Die meeste regters gaan aan met hul normale pligte en werk net van die huis af indien hulle geen sake het om aan te hoor nie.”

Jansen gee vir Dausab gelyk dat “die werksaamhede van die hoërhof en die hooggeregshof het nie gestop nie, maar word sonder twyfel geraak deur die algemene styging in die aantal Covid-19-gevalle in die land”.

Sedert Maandag is die landdroshowe op Walvisbaai, Katima Mulilo en in Windhoek weer oop.

Dít kom nadat die kantoor van die regbank onlangs die tydelike sluiting van dié howe aangekondig het, omdat beamptes en beskuldigdes positief getoets het vir Covid-19, sê Jansen.

Volgens hom is alle nodige reëlings getref om die veiligheid van regsbeamptes, personeellede, hofbeamptes en die publiek te verseker.

Jansen sê: “Die howe vorm ’n integrale deel van die samelewing wat verseker dat regsreëls in stand gehou word en die administrasie van geregtigheid op ’n vrye, regverdige en onpartydige manier kan geskied.

“Dit is waarom die howe nie eens tydens ’n noodtoestand vir ’n lang tydperk kan sluit nie, omdat dit ’n negatiewe impak op die lewens van Namibiërs sal hê.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026