Slimfone verkoop fluks
In 2016 het wêreldwye slimfoonverkope weer toegeneem, hoewel teen 'n baie stadiger pas as in 2015.
Wêreldwyd is 1,47 miljard slimfone verkoop in 2016, 'n rekordgetal, volgens die International Data Corporation (IDC).
Dit is egter net 2,3% meer as die 1,44 miljard slimfone wat in 2015 verkoop is nadat verkope in daardie jaar met 10,4% gestyg het.
“Daar is geen twyfel daaroor nie dat 2016 op talle maniere 'n onvergeetlike jaar vir die slimfoonbedryf was,” sê Ryan Reith, hoof van IDC se Worldwide Quarterly Mobile Device Trackers.
2016 was egter die eerste jaar in Apple se geskiedenis dat sy verkope van iPhones gedaal het, sê Reith.
Die geveg om die kroon as die wêreld se voorste slimfoonvervaardiger is ook nie net meer tussen Samsung en Apple nie. Huawei is kort op die hakke van dié twee maatskappye. Dié Chinese maatskappy se markaandeel het van 7,4% in 2015 tot 9,5% in 2016 toegeneem.
Samsung behou sy voorste posisie, hoewel sy markaandeel van 22,3% tot 21,2% gedaal het. Apple, in die tweede plek, se markaandeel het ook gedaal – van 16,1% tot 14,6%.
Volgens Apple behoort die groei in slimfoonverkope in 2017 beter te wees. Die verwagting is dat die verkope die iPhone weer gaan kop optel met die tiende verjaardag van dié slimfoon.
Die Midde-Ooste, Afrika en Latyns-Amerika gaan ook terugkeer na groei vanjaar, sê Apple. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie