Slagoffer van giro-ongeluk ter ruste gelê

24 December 2020 | Ongelukke
Francoise Steynberg en Tuyeimo Haidula op Ohakweenyanga
Mnr. Donbaldt Noa (26), die eerste slagoffer van die girokopterongeluk verlede Donderdag, is gister in die Ohakweenyanga-nedersetting naby Ongwediva ter ruste gelê.
Mnr. Paulus Noa, sy pa en direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie (ACC), en sy ma, me. Hendrina Noa, het Dinsdag by die roudiens gesê dit was vir die familie verskriklik moeilik om die skoknuus van Donbaldt se dood te verwerk.
“Toe ons hoor dat Donbaldt dalk in die girokopter was, was dit moeilik om die inligting te aanvaar, want dit was nie duidelik nie.
“Ons het sy foon gebel, maar dit was af. Ons het aanhou probeer bel en gehoop dat die battery pap was en dat hy soos gewoonlik saans sou huis toe kom,” lui hul boodskap wat deur Tuyeimo Hasheela voorgelees is .
Dit was donker toe die polisie bevestig het Noa is die insittende wat in die ongeluk omgekom het.
“Ons harte is swaar, maar ons waardeer die ondersteuning van die mense wat in ons leed deel.”
Noa was ’n vierde jaar ingenieurstudent aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust). Hy was die eersgeborene van sy tweelingbroer, Dennis en hulle het aan die Deutsche Höhere Privatschule matrikuleer.
Noa word deur sy ouers, Dennis en twee susters oorleef.
Hy was saam met vlieënier, mnr. Pierre Blaauw (40) in die girokopter sowat 10 km oos van Windhoek op die pad na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, toe dit die kraglyne bo die pad getref en neergestort het.
Blaauw is met erge brandwonde in ’n kritieke toestand in die Lady Pohamba Private Hospitaal opgeneem, maar is die volgende oggend dood.
Blaauw se familie het die naweek aan Republikein gesê sy roudiens sal eers volgende jaar plaasvind. Sy nadoodse ondersoek sou eers vandeesweek afgehandel word.
Blaauw word deur sy pa, mnr. Pierre Blaauw (72) van die plaas Freiheit-Ost in die Witvlei-omgewing oorleef, asook deur sy jonger susters mee. Marizanne Vermeulen en Cari Graf, en jonger broer, mnr. Adriaan Blaauw.
- [email protected]

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
49 minute gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
16 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
16 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
16 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
16 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
16 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
16 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
16 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
16 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies