Slaagvereistes vir gr. 1 - 9 verlaag

Onderwys

19 June 2020 | Onderwys
Henriette Lamprecht



In reaksie op die impak van die Covid-19-inperkings op onderrig, het die ministerie van onderwys, kuns en kultuur deur sy nasionale raad vir eksamens, evaluering en sertifisering (NEACB) toestemming verleen dat die minimum slaagvereiste vir graad 1 tot 9 van 40% tot 35% verlaag word.

Dit sal net vir vanjaar geld.

Die ministerie het by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, gesê die slaagvereistes is van toepassing op alle staat- en privaatskole wat by die ministerie ­geregistreer is en die Namibiese leerplan aanbied, tensy geskrewe toestemming van Steenkamp verkry is om daarvan af te wyk.

Volgens Steenkamp verskaf die ­leerplan die standaard om vanaf graad 1 tot 9 te vorder sonder om 'n graad te herhaal. 'n Leerling mag net twee keer in die junior primêre fase, twee keer in die senior primêre fase en een keer in die junior sekondêre fase 'n graad herhaal. Leerlinge wat 'n graad moet herhaal, moet volgens haar berading en ondersteuning ontvang.

Leerlinge wat die risiko loop om nie na 'n volgende graad te vorder nie, moet ook so gou as moontlik ­geïdentifiseer word. Sou so 'n leerling tot die volgende graad in 2021 vorder, moet 'n opsomming van alle ondersteuning wat voorsien is, asook 'n opsomming van die leerlinge se akademiese uitdagings aan die volgende graad- of vakonderwyser voorgelê word.

Elke skool moet 'n akademiese “herstelprogram” implementeer om die tyd in te haal wat as gevolg van die Covid-19-inperking verlore gegaan het.– [email protected]

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

6 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

6 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

8 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

9 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

10 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

20 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

20 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...