Skrif aan die muur vir Goeieman

Die sweep klap tans oor kontrakongerymdhede binne die ministerie van werke en vervoer.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die skrif is aan die muur vir die permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, om wie se kop daar die afgelope jare weens verskeie beweerde tenderongerymdhede ’n storm woed.

Dit volg nadat die kabinetskomitee op algemene beleid en prioriteite aanbeveel het die kabinetsekretaris, mnr. George Simataa, moet dissiplinêre stappe teen hom instel.

Die ondersoek moet enersyds gedoen word na sy optrede en/of betrokkenheid by die omstrede kontrak wat die bankrot Padkontrakteursmaatskappy (RCC) met ’n Chinese maatskappy gesluit het om geregtelike bestuur te systap. Dit is sonder die medewete van mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, en sonder die insae van die prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, gedoen.

Die komitee het verder aanbeveel Simataa moet Goeieman in samewerking met die kantoor van die prokureur-generaal “ook vir vroeëre voorvalle ondersoek”.

Goeieman was in 2016 onder skoot met die toekenning van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se opgradering- en uitbreidingstender van N$7 miljard aan die Chinese maatskappy Anhui Foreign Economic Construction Group.

Dié aanbeveling deur die kabinetskomitee is laat Maandag deur Mutorwa bekend gemaak.

Hy het gister aan Republikein gesê die RCC se oorblywende twee direksielede, mnr. Fritz Jacobs en me. Elsie Skrywer, het albei vroeg gisteroggend skriftelik hul bedankings ingedien nadat aanbeveel is dat hulle onmiddellik afgedank word.

Hulle was die enigste lede oor op die direksie nadat die visevoorsitter, me. Anna Matebele, en mnre. Elzevir Gelderbloem en Melkizedek Uupindi vroeër reeds bedank het. “Ons moet nou met die proses begin om nuwe lede aan te stel,” het Mutorwa gesê.

Volgens hom gaan die hofstukke nou ook voorberei word om in die hoërhof aansoek te doen dat die RCC onder geregtelike bestuur geplaas word.

Intussen het die kabinetskomitee ook opdrag gegee dat die RCC nuwe finansiële state voorlê sodat die regering kan bepaal of die ministerie van finansies moet voortgaan met die opdrag om die werknemers se salarisse hangende die afhandeling van die hofverrigtinge te betaal, sê Mutorwa.

Die gort was behoorlik gaar toe dit op die lappe kom die RCC het op 9 April stil-stil ’n ooreenkoms vir “finansiering en tegniese ondersteuning” met China se Jiangsu Nantong Sanjian Construction Group aangegaan. Dit is deur die waarnemende hoofbeampte, mnr. Seth Herunga, onderteken.

Daarvolgens sou dié staatsbeheerde Chinese konstruksiemaatskappy N$580 miljoen aan die RCC leen teen ’n koers van 15% rente per jaar, terugbetaalbaar oor ’n tydperk van 5 jaar.

In ruil moes die RCC vir Nantong Sanjian werk verskaf op die multimiljoen Namibiese dollar se padbouprojekte wat tans aan die gang is, werks- en verblyfpermitte vir sy mense reël en ook help om die permitte en lisensies van sy masjinerie te bekom.

Mutorwa het verlede maand in Windhoek bekend gemaak die kontrak is ongeldig en aan joernaliste gesê hy het eers 11 dae nadat dit onderteken is, daarvan bewus geword. “Dit is aangegaan sonder die insette of goedkeuring van my as lynminister. Verder het die prokureur-generaal as die regering se regsadviseur ook nie die geleentheid gehad om regsadvies te verleen nie,” het ’n ontstelde Mutorwa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.26/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0104 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.16/BBP UP +0.73% | Platinum US$ 975.46/OZ DOWN -0.0032 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.26/OZ DOWN -0.0009 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.0104 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.16/BBP UP +0.73% | Platinum US$ 975.46/OZ DOWN -0.0032