Skoonmaakveldtog in September
Die minister van die omgewing en toerisme het aangekondig Namibië gaan ook op Wêreldskoonmaakdag vullis optel, maar twee vroue het intussen self ingespring.
Francoise Steynberg - Die president wil hê Namibië moenie net die skoonste land in Afrika wees nie, maar in die wêreld.
Só het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, verlede week in Windhoek tydens die bekendstelling van 2019 se nasionale skoonmaakveldtog gesê.
Die veldtog gaan op Saterdag 21 September plaasvind.
“Verlede jaar het pres. Hage Geingob die landswye skoonmaakveldtog op 25 Mei van stapel gestuur en skoonmaakoperasies oral in die land aangemoedig. Ons bedank alle Namibiërs wat ons land weer skoongemaak het en verseker dat ons in 'n gesonde omgewing bly,” het Shifeta gesê.
Hy sê vanjaar gaan die skoonmaakveldtog tweeledig wees: Die amptelike skoonmaakdag sal op 21 September op Wêreldskoonmaakdag plaasvind, en sal ook 'n bewusmakingsveldtog teen rommelstrooiery behels.
“Ek doen 'n beroep op goewerneurs en streekrade om vir die veldtogte in stede, dorpe en nedersettings voor te berei om dit in 2019 groter en beter te maak.”
Die minister sê projekte soos die Ry jou rommel huis toe-veldtog, mobiele herwinningstasies en die Geen afval-bestuurskonsep, wat in die Otjozondjupastreek ontwikkel is, is bemoedigend.
“Daar is middele wat ons jeug met werksgeleenthede in die afvalbestuurbedryf en die oorgang na ’n groen ekonomie sal bemagtig.
“Laat ons saamwerk om te verseker Namibië neem weer sy plek as die skoonste land in Afrika in, en word een van die skoonste lande ter wêreld,” het Shifeta gesê.
PRIVATE INSIATIEWE
Intussen het Namibiërs private skoonmaakveldtogte van stapel gestuur.
’n Bekende sakevrou van Windhoek, me. Elsada Kruger, en haar span het einde Maart by die Nasionele Teater van Namibië (NTN) gaan skoonmaak.
Haar boodskap aan Namibiërs is: “Hou op mors!”
Kruger sê die Windhoekse munisipaliteit moet ook hul kant bring.
“Kyk hoe lyk ons riviere. Die Klein Windhoekrivier lyk soos ’n ashoop.”
Die fotograaf me. Sonja Steenkamp het verlede week Otjiwarongo se begraafplaas gaan opruim.
“My pa is daar begrawe en die munisipaliteit het nie altyd die hande om daar skoon te maak nie. Ek het ’n paar mense gekry om my te help,” het sy gesê.
“Ek het die bevelvoerder van die weermag op Otjiwarongo gebel en hy het ’n paar weermaglede beskikbaar gestel om te help skoonmaak.”
Maatskappye op Otjiwarongo het ook hulp en middele verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie