Skoolsaal amper voltooi
Tanja Bause – Die Primêre Skool Krönlein op Keetmanshoop hoop om binnekort met ’n skoolsaal te spog wat nou reeds sowat 60% voltooi is.
Die skool is in 1972 gebou en bied tans onderrig aan 1 270 leerlinge van graad 0 tot 7.
Volgens me. Foidia Boois het die droom van ’n skoolsaal reeds in 2005 begin, maar was daar nooit geld daarvoor nie. In 2012 het mnr. Christian Uth die leisels as projekkoördineerder oorgeneem en is daar vordering gemaak. Hy was tot 2017 aan die stuur van sake voordat Boois as projekkoördineerder aangestel is.
“Die skool het baie geldinsamelings gereël om die saal ’n werklikheid te maak. Ons het onder meer pretlope, loodjieverkope en funksies gehou. Daar was ook al talle besighede wat geld geskenk het,” het sy gesê.
In 2014 is die bouwerk begin en is twee groot funksies elke jaar vir die skoolsaalprojek gehou.
Aan die begin van vanjaar het Dean Smith (Wade) en Gantane Kusch (Dr. Siya Thuii) van die gewilde Suid-Afrikaanse TV-reeks Suidooster by die skool kom kuier en was hulle tydens die Mej. Krönlein-kompetisie te sien. Daar is ook heelwat T-hemde gemaak met ‘My heart beats for Krönlein School Hall’ daarop gedruk.
“Ons het nog baie van dié T-hemde en mense wat graag die projek wil ondersteun, kan die skool kontak om hemde koop,” het Boois gesê.
Op die oomblik staan werk egter stil omdat daar nie geld is om voort te gaan nie.
“Ons het self die voortou geneem en geld ingesamel. As jy iets by iemand vra, moet jy eers self kan wys dat jy ook iets gedoen het,” het sy gesê.
Werk wat nog gedoen moet word, sluit in die seël van die dak, mure wat nog gepleister moet word, en daar moet ’n verhoog en kleedkamers gebou word. Sy sê die vloer moet ook nog afgerond en geteël word.
“Ons het plastiekstoele vir die saal teen ’n billike prys aan ouers aangebied. Elke ouer wat ’n stoel koop, se kind se naam word agter op aangebring. Baie ouers en oudskoeliere het dié projek ondersteun, maar tog is daar nog nie genoeg vir al die leerlinge nie. Ons het tot dusver sowat 500 stoele,” het sy gesê.
Die saal word reeds vir gradeplegtighede en ander skoolfunksies gebruik.
“In die verlede het die kinders in die son en wind op die vlaktes gestaan. Baie het flou geval.”
In die toekoms sal die saal met skanspale omhein word,’n tuin aangelê word en ’n groot kombuis word ook beplan.
“Ons kan dan die saal vir funksies verhuur en sodoende geld vir die skool insamel. Maar die saal moet omhein word sodat ons moontlike vandalisme kan vermy.”
Die kostes vir die hele projek beloop om en by N$3,3 miljoen, met sowat N$1,3 miljoen wat nog benodig word om die projek te voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie