Skoolmeisies in 'leeuhokkeu2019
Skoolmeisies in 'leeuhokkeu2019

Skoolmeisies in 'leeuhokke’

Die implementering van die hersiene onderwyskurrikulum veroorsaak dat skoolmeisies akkommodasie in ongunstige omgewings soek.
Ileni Nandjato
Ileni Nandjato - Die regering fokus tans op droogteverligting en sal nie die volle implementering van die hersiene onderwyskurrikulum wat die konstruksie en uitbreiding van skoolkoshuise insluit, kan befonds nie, het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gesê.

Schlettwein het gereageer op kwessies wat Maandag deur die onderwysinspekteur van Onathinge, me. Naemi Amuthenu, tydens die president Hage Geingob se stadsaalvergadering op Omuthiya in die Oshikotostreek geopper is.

“Sommige leerlinge moet ver na hierdie sekondêre skole reis; sommige bly in gemeenskapskoshuise en sommige in sinkhuise en hulle almal ly daaronder.

“Sommige leerlinge, veral meisies, het soos voëls in leeuhokke geword, want hulle word deur wie ook al van akkommodasie voorsien. My pleidooi vir die regering is om nuwe koshuise te bou of die bestaande koshuise uit te brei om leerlinge te akkommodeer,” het Amuthenu by die vergadering gesê.

“Ons het die saak bespreek en ek glo dat nie alles op een slag befonds kan word nie... Ons kyk na hoe kurrikulum geïmplementeer kan word, veral nou dat ons 'n droogte het en daar is beperkinge van fondse," het Schlettwein gereageer.

"Ons kan van die elemente van hervorming na toekomstige jare uitstel as befondsing moontlik is," het hy gesê.

Amuthenu meen dat die regering nie 'n wyse besluit geneem het toe hulle graad 10-leerlinge van landelike gekombineerde skole na senior sekondêre skole gestuur het wat ver van hul ouerhuise is en nie koshuise het nie.

“My kommer is dat die onderwysministerie tans die hersiene onderwyskurrirulum implementeer wat vereis dat graad 10-leerlinge deel van die senior sekondêre onderwysfase moet wees. Graad 10 is van die junior sekondêre (fase) verwyder wat deur baie gekombineerde skole in landelike gebiede aangebied word, na die senior sekondêre fase wat slegs deur 'n paar sekondêre skole in stedelike gebiede aangebied word," het Amuthenu gesê.

ADJUNKMINISTER REAGEER

Toe Geingob die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, gevra het om te reageer, het sy haar teleurstelling met Amuthenu uitgespreek om hierdie kwessies tydens die presidensiële vergadering aan te spreek.

Nghipondoka het gesê Amuthenu as 'n onderwysinspekteur was veronderstel om die hersiene onderwyskurrikulum aan haar gemeenskappe te verduidelik, maar in plaas daarvan is sy die een wat by Geingob kla.

“Toe graad 10 senior sekondêr geword het met te veel graad 10's by gekombineerde skole in nedersettings en net 'n paar senior sekondêre skole met koshuise en meestal in dorpe, het die ministerie besluit om 'n paar gekombineerde skole in nedersettings te kies en hul kurrikulum tot graad 11 uit te brei, sodat leerlinge steeds van hul ouerhuise na skole kan stap," het Nghipondoka verduidelik.

Sy het gesê die uitdaging is dat skole met koshuise min is en leerlinge baie, en nie almal van hulle kan in die beskikbare koshuise geakkommodeer word nie.

Nghipondoka het bygevoeg toe die akademiese jaar begin het, het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila haar beveel om skole landswyd te besoek om te sien hoe hulle by die hersiene graad 10-kurrikulum aanpas. Sy sê sy het skole versoek om prioriteit aan graad 10-leerlinge te gee as dit by koshuisplasings by alle staatskole kom.

“Ek het skole versoek om meer leerlinge in koshuiskamers in te druk om meer leerlinge te akkommodeer, terwyl ons vir fondse gesoek het om koshuise uit te brei. Ons het reeds ons versoek by die ministerie van finansies ingedien om te sien of ons fondse kan kry,” het Nghipondoka gesê.

Schlettwein wat deel was van die presidensiële afvaardiging, het bevestig die ministerie het 'n befondsingversoek rakende die implementering van die hersiene kurrikulum ingedien, maar gesê gegewe die droogtesituasie in die land, sal dit 'n uitdaging wees.

“Die droogte is die eerste prioriteit en ons is verbind daartoe om alles te befonds wat befonds moet word. Oor die kwessie van die hersiening van die kurriklum, is die kwessie en die uitgawes, soos die adjunkminister en inspekteur genoem het, ernstig" het Schlettwein verduidelik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A