Skoolkoshuise kort nog 15 000 beddens

Die minister van onderwys, kuns en kultuur het om hulp gepleit om koshuise veiliger teen Covid-19 te maak.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is dankbaar vir die onlangse skenkings wat hulle ontvang het. Die skenkings help om moeilike omstandighede te verlig, veral met die uitbreking van Covid-19, wat kwesbare koshuisleerlinge landswyd te bowe moet kom.

Die adjunkdirekteur in die departement van bestuursbeplanning, beoordeling en opleiding, mnr. Filemon Nangolo, sê veral koshuisleerlinge in die Kunenestreek, waar dit vier jaar laas gereën het, kry swaar.

Nangolo het Donderdag aangekondig NamPower gaan 'n skenking ter waarde van N$1,4 miljoen gee om wyd verspreide koshuisprobleme die hoof te bied.

Altesaam 560 stapelbeddens en 665 matrasse sal help om te verseker dat die betrokke leerlinge beter sosiale afstand kan toepas.

Nangolo sê die beddens en ­matrasse sal voor die einde van die maand na 25 skoolkoshuise gestuur word.

Mnr. Pecka Semba, die onderwysdirekteur in die Omahekestreek, het namens die streekdirekteure van die 14 streke sy dankbaarheid uitgespreek.

“Koshuise is een van die gebiede waar ons sukkel om die veiligheid van ons leerlinge te verseker. Hierdie skenking raak die armste van die armstes, en bring die waardigheid en die menswees van hierdie leerlinge terug. Van hulle sal nie meer op die vloer hoef te slaap nie. Julle laat voel ons goed en ons leerlinge sal ook goed voel,” het hy gesê.

By die geleentheid het die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, gesê daar is 'n ­nasionale tekort van 15 000 beddens by koshuise in al 14 streke van die land. Daar is meer as 58 800 koshuisleerlinge landswyd, sê sy.

Nghipondoka sê om veilige ­koshuise te hê, is noodsaaklik vir inklusiwiteit van onderwys, veral vir kinders van minderbevoorregte huishoudings.

“Sonder veilige en gelieflike omstandighede by koshuise is hierdie kinders kwesbaar en kan hulle skool verlaat. Koshuise oorbrug die gaping in ons gemeenskap,” sê sy.

“Hierdie skenking kom op 'n geskikte tyd. Ons moet 'n balans vind tussen die beveiliging van kinders, en om kinders in die skool te hou. Weens beperkte hulpbronne is dit nie moontlik dat koshuisleerlinge enkelkamers kan kry nie. Dit is ook nou die tyd, weens Covid-19, dat die regering meer as 'n miljard voorsien om koshuise uit te brei, om sosiale afstand te vergemaklik. Ons benodig nog baie hulp, veral met stapelbeddens. Volg NamPower se voorbeeld en kom ons vat hande,” vra die minister.

NamPower het ook 6 000 gesig­maskers geskenk wat dit self aan gemarginaliseerde skoolkinders sal uitdeel.

Mnr. Simeon Amunkete, voorsitter van die NamPower-stigting en senior menslikehulpbronbestuurder van die nasionale kragverskaffer, het die skenking amptelik oorhandig.

Hy sê ­NamPower het oor die laaste tien jaar N$48 miljoen aan hul program vir maat­skaplike verantwoordelikheid bestee; die meerderheid op onderwys.

Hy moedig begunstigdes aan om na die beddens en matrasse om te sien, sodat toekomstige leerlinge dit ook kan gebruik.

“Ek glo ons nederige skenking sal bydra tot die groot nood en sal 'n verskil maak,” sê hy.

Die ministerie sou Vrydag ook 'n skenking van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) ter waarde van N$1,7 miljoen ontvang, waarmee die skoolvoedingsprogram in die Kunenestreek ondersteun sal word, het Nangolo gesê.

[email protected]


FOTO’s
Die adjunkdirekteur, mnr. Filemon Nangolo, met een van die stapelbeddens en matrasse wat NamPower aan skoolkoshuise geskenk het. Foto Augetto Graig

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026