Skole: Geen politieke vergaderings, veldtogte
Geen skool mag onder enige omstandighede vir politieke vergaderings en veldtogte asook vir fondsinsamelings vir politieke gewin gebruik word nie. Ook mag leerlinge nie op skoolgronde oor politieke aangeleenthede toegespreek word nie.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het by monde van sy uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp ernstige kommer uitgespreek oor die “ongekoördineerde toegang van groepe en in veral politieke partye op skoolgronde” onder die voorwendsel van motiveringspraatjies vir leerlinge en onderwysers.
Volgens Steenkamp is skole “sensitiewe en veilige” gebiede en vervul die ministerie ’n kritieke rol vir die verantwoordelikheid vir alle leerlinge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie