Skok toe Shikongo vroeg uitval
Ananias Shikongo en sy gids Even Tjiviju is onverwags uitgeskakel voor die T11-klas se 200 meter semifinaal by die Paralimpiese wêreldatletiekkampioenskap Donderdagaand.
In uitdun nommer drie het die Namibiese paar in 23.31 sekondes in die tweede posisie klaargemaak. Dié tyd was nie vinnig genoeg om ’n plek in die semifinaal te verseker nie.
Die Chinese hardloper Zetan Fan en sy gids Zhihui Huang het die uitdun gewen in ’n Asiatiese kontinentale rekord van 22.96 sekondes.
’n Teleurgestelde Namibiese afrigter, Michael Hamukwaya, het aan Nampa gesê dit was onverwags om te sien hoe Shikongo en Tjiviju uitgeskakel word.
“In ons oefesessies het hulle 22.90 sekondes gehardloop en ek het geweet by die wêreldkampioenskap kan ons druk vir ’n wêreldrekord. Om te sien hoe hy in die uitdunne uitgeskakel word, is iets waarvoor ek nie regtig woorde het nie.”
Shikongo het verlede jaar by die Paralimpiese Spele in Brasilië sy 200 m finaal in 22.44 sekondes gewen en die eerste goue medalje vir sy land by dié skouspel ingepalm.
Hamukwaya het hardop gewonder of Shikongo dalk oorgerus was. “Miskien het hy homself verbeel hy is reeds in die finaal en nie genoeg aandag aan die uitdun gegee nie, maar dit is net my vermoede.”
Die afrigter het gesê toe hy sien hoe David Brown van Amerika en sy gids Jerome Avery 23.03 hardloop om te kwalifiseer, was hy vol vertroue omdat hy geweet het wat Shikongo en Tjiviju op die oefenbaan uitgerig het.
Dieselfde twee Namibiërs het Saterdag ’n silwermedalje in hul 100 m wedloop behaal toe hulle net agter die wêreldkampioen Brown (11.20) klaargemaak het. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie