Skip in Suezkanaal dryf weer
Skip in Suezkanaal dryf weer

Skip in Suezkanaal dryf weer

Die vragskip Ever Given is vandag weer drywend gemaak nadat dit byna ’n week die Suezkanaal in Egipte versper het.


Die skip is omstreeks 04:30, plaaslike tyd, suksesvol vaarbaar gemaak en word beveilig, sê Inchcape, wêreldwye verskaffer van mariene dienste, op Twitter.

Die jongste verwikkeling het opnuut hoop gebring dat dié belangrike waterweg binnekort weer oopgestel gaan word.

VesselFinder, ’n aanlyn diens wat skepe se bewegings naspoor, het die skip se status op hul webwerf na “op pad” verander.

Dié 400 m lange Ever Given het vroeg verlede Dinsdag te midde van sterk wind skuins oor die suidelike deel van die kanaal vasgesteek. Gevolglik het die skeepsverkeer oor die kortste vragroete tussen Europa en Asië tot stilstand geknars.

Minstens 369 vaartuie wag intussen om deur die kanaal te vaar, waaronder tientalle vragskepe, grootmaatskepe, olietenkers en vaartuie met vloeibare natuurlike gas (LNG) of vloeibare petroleumgas (LPG), het Osama Rabie, voorsitter van die Suezkanaal-owerheid, gister aan Egipte se Extra News gesê.

Egipte se Leth-skeepsagentskap sê in ’n twiet die skip is gedeeltelik drywend gemaak. Hulle wag egter nog vir amptelike bevestiging van die Suezkanaal-owerhede.

Die Suezkanaal-owerheid het vroeër in ’n verklaring gesê sleepbote het bedrywighede hervat om die skip los te kry.

Die Suezkanaal se reddingspanne het hul uitgrawingswerk gister verskerp en gehoop dat die hooggety hulle sou help om die skip drywend te maak.

Ruoliepryse het gedaal ná die nuus dat die skip weer drywend is, met Brent-ruolie wat met US$1 per vat laer is tot US$63,67.

Bernhard Schulte Shipmanagement (BSM), tegniese bestuursmaatskappy van die skip, het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. – Netwerk24/Reuters

Foto Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A