Skietery in kroeg lyk na haataanval
Skietery in kroeg lyk na haataanval

Skietery in kroeg lyk na haataanval

Henriette Lamprecht
Owerhede in die Amerikaanse deelstaat Kansas het 'n man wat glo op mense in 'n kroeg geskiet het van moord aangekla.

'n Indiese man is dood en twee ander is beseer toe die skieter op hulle losgebrand het. Dié voorval, wat wêreldwyd vrese oor 'n nuwe vlaag van verkramptheid en vooroordele aanblaas, het Woensdagaand in die Austin's Bar and Grill in Olathe plaasgevind. Adam W. Purinton (51) is sowat 'n dag ná die voorval in Missouri in hegtenis geneem.

Volgens 'n ooggetuie het Purinton aan twee van die Indiese mans wat hy geskiet het, gesê “verlaat my land”.

Daarna het hy begin skiet en rassistiese aanmerkings gemaak. Srinivas Kuchibhotla (32) het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Alok Madasani (32) van Overland Park, Kansas, is Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Ian Grillot (24) is ook in die voorval beseer.

Owerhede kan nog nie die motief vir die aanval bevestig nie, maar die familie van die Indiese mans sê hulle vrees die skietery is weens die huidige klimaat van vrees en xenofobie in Amerika.

Die pa van een van die beseerdes wys vinger na die verkiesing van pres. Donald Trump wat gereeld buitelanders as 'n bedreiging vir die Amerikaners beskryf. Die pa pleit by ouers in Indië om nie hul kinders na Amerika toe te stuur nie.

Die owerhede het nie baie besonderhede oor die aanval bekend gemaak nie. Hulle sê nie die skietery was 'n haatmisdaad nie, maar sê hulle ondersoek of dit deur “bevooroordeling” aangevuur is.

Op Donderdag se inligtingsessie het amptenare gewaarsku dat dit nog vroeg in die ondersoek is en hulle wou nie 'n motief vir die skietery gee nie.

“Wat die motief en feite in dié geval betref . . . wil ons seker wees van ons feite teenoor spekulasie,” sê Stephen M. Howe, distriksprokureur.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 903.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 82.84/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 971.32/OZ DOWN -0.0074 #N/A