Skerp daling in olifantgetalle kan safaribedryf knou
Skerp daling in olifantgetalle kan safaribedryf knou

Skerp daling in olifantgetalle kan safaribedryf knou

Elise Tempelhoff



Olifantbevolkings in tien Afrika­lande, waaronder ook Suid-­Afrika, het van 1995 tot 2007 byna ontplof, maar in die agt jaar daarna tot 2015 het olifantgetalle met soveel as 30% gekrimp. Nou val dit jaarliks met sowat 8%.

Die daling in die bevolking van Afrika-olifante het nou daartoe gelei dat die diere in “ernstige moeilikheid is”.

Só het SafariBookings.com, die grootste aanlyn bemarkingsmaat­skappy vir safari's na Afrika, Woensdag in 'n verklaring gesê. Dit is nie net olifante wat in die moeilikheid is nie, maar die dalende bevolkingsgetalle kan ook die doodsklok vir die safaribedryf lui.

SafariBookings.com sê safari's na die tien lande is van die grootste werkskeppers en verdieners van buitelandse valuta vir Afrika.

Jaroen Beekwilder van SafariBookings.com het gesê besoekers vanoor die wêreld stroom jaarliks na Afrika, veral om sy ikoniese olifante te sien. “Maar gaan hulle (olifante) nog oor 'n paar jaar met ons wees?”

Beekwilder het in 'n e-pos aan Netwerk24 gesê kommer oor die toekoms van olifante in Afrika en die impak van hul dalende getalle op onder meer die safaribedryf het die maatskappy genoop om 'n analise van hul bevolkings in tien gewilde bestemmings, waaronder ­Suid-Afrika, te laat doen.

“As die tendens nie gestop word nie, gaan dit net 'n paar jaar duur voordat 'n mens byna geen olifante tydens 'n safari gaan sien nie,” het Beekwilder gewaarsku.

Die maatskappy het olifantbevolkings in Afrika se tien gewildste bestemmings tussen 1995 en 2015 geanaliseer. Die data wys daarop dat die olifantbevolkings in die 12 jaar vanaf 1995 tot 2007 byna ontplof het, met 'n styging van sowat 62% in hul getalle.



Getalle val

“Die tydperk 2007 tot 2015 vertel 'n heel ander storie,” het Beekwilder gesê. In dié agt jaar het olifantgetalle met 30% geval.

In die eerste periode (1995 tot 2007) het die olifantbevolking van 300 000 tot 485 000 toegeneem. Botswana se olifante het in die 12 jaar met 116% tot 154 658 en in Tanzanië met 59% tot 136 753 enkelinge gegroei. In Suid-Afrika en Namibië het die olifantbevolkings byna verdubbel.

In Mosambiek het die bevolking ná 1995 van 825 tot 16 475 toegeneem. Beekwilder skryf die skerp toename daaraan toe dat die burgeroorlog in Mosambiek aan die einde van 1992 beëindig is.

Ná 2007 is meer as 'n derde van Mosambiek se olifante uitgewis. Tanzanië het 63% van sy olifante verloor.

SafariBookings.com sê die geweldige hoeveelheid inligting en gepubliseerde verslae oor die “oorlog” teen renosterstropery in ­Suid-Afrika oorskadu die inligting oor voorvalle van olifantstropery.

Data wys daarop dat olifantstropery sedert 2008 in die Krugerwildtuin toegeneem het. 30 karkasse van gestroopte olifante is in 2015 in die wildtuin gekry. Terwyl die stropery van olifante in Suid-Afrika besig is om toe te neem, is trofeejag ook wettig in die land. Volgens inligting is 300 olifanttande in 2015 as trofeë na die buiteland uitgevoer.

SafariBookings.com wys daarop dat die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) Suid-Afrika geïdentifiseer het as 'n land met 'n “kommerwekkende betrokkenheid” by die onwettige handel in ivoor.

• Volgens SafariBookings.com is Suid-Afrika 2 345 410 km² groot. Hiervan beslaan olifante se habitat net 30 651 km² of 1 %. Suid-Afrika het na raming 18 841 olifante.

Van die redes vir die afname in ­olifante sluit in:

• Stropery.

• Swak grensbeheer. Suid-Afrika se poreuse grens met Mosambiek maak die Krugerwildtuin kwesbaar vir stropers.

• Korrupsie.-Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%