Skep plase in ons kommunale gebiede
Wilfred Weise skryf:
Grondhervorming en die toekenning van kommersiële grond aan die minderbevoorregtes is steeds hoog op die regering se agenda.
By eienaars heers daar groot kommer oor hoe die saak in die nabye toekoms hanteer gaan word. Die woord "onteiening", wat so maklik rond geslinger word, het reeds baie kommer tot gevolg en vele grondeienaars oorweeg ernstig om te verkoop.
Die vraag word ook gevra wie is 'n wettige eienaar van plaasgrond? Myns insiens is dit enige persoon wat grond wettiglik gekoop het en oor 'n akte vir daardie grond beskik. My argument is ook dat Namibië 'n groot land is en elkeen behoort oor grond te kan beskik. Ons weet ook die staat is die grootste eienaar van grond, wat alle parke en natuurreservate insluit.
Dikwels word ook uitbasuin en gepropageer: “Gee ons grond terug.” My vraag is watter grond en waar is daardie grond? Is daardie grond wettiglik gekoop of word daar net gevestig en geplak?
Ek ry jaarliks byna 100 000 km deur ons land en telkemale sien ek groot stukke aarde wat onbewoon is en geen mens of dier is in sig nie. Onmiddellik besef ek egter dit is 'n natuurpark of reservaat wat aan die staat behoort.
Tydens my reise het ek ook al baie gedink hoekom kan die Rooilyn nie 50 km noordwaarts geskuif word sodat meer kommersiële grond beskikbaar gestel kan word vir boerdery nie? Ek het dit al iewers geopper en 'n "slim" meneer het dadelik gesê dit kan nie werk nie.
Meneer, enigiets in hierdie land kan werk as jy dit wil laat werk. Enige probleem het 'n oplossing.
Sou die Rooilyn noordwaarts verskuif word, kan groot stukke landbougrond aan potensiële boere uit die kommunale gebied aangebied word. Ek het die Namibiese landkaart bestudeer en kon die volgende somme maak:
Kunenestreek
Met 'n strook wes van Etosha en oos van die C34 noordwaarts tot by die C41, kan ongeveer 5 000 vk km grond beskikbaar gestel word vir hervestiging. Sou daardie grond in 3 000 ha stukke opgesny kan word, kan dit 1 630 plase vir hervestiging voorsien.
Omusatistreek
Indien die Rooilyn slegs 20 km noordwaarts geskuif kan word, kan dit 'n gebied van 250 km x 20 km reserveer wat weereens 'n gebied van 5 000 vk km kan verseker. Sou daardie gebied in 3 000 ha plase opgedeel kan word, kan weereens 1 630 plase geskep word.
Oshikotostreek
In hierdie streek is twee gebiede bereken van 6 000 vk km en 4 500 vk km en dit gee 'n totale gebied van 10 500 vk km. Sou hierdie gebied in eenhede van 3 000 ha elk opgesny word, kan dit 3 500 plase vir hervestiging voorsien.
Kavango-Oos
In hierdie streek is 'n gebied van 9 000 vk km bereken en dit sluit die Mangettiblok in. Sou hierdie gebied weereens in 3 000 ha eenhede opgesny word, kan dit nog 3 000 plase vir hervestiging verseker.
Ek het die gebiede in die genoemde streke goed onder die die vergrootglas geneem en my eerste waarneming was dat hierdie gebiede tans die ylste bewoon word deur kommunale inwoners. Volgens my kennis is daar ook geen mynbedrywe aanwesig nie en kan 'n totaal van 9 700 plase van 3 000 ha elk beskikbaar gestel word vir hervestiging of ten minste vir bona fide boere uit die kommunale gebiede.
Dit is 'n groot stuk aarde vir baie potensiële boere in ons land en kan 'n groot oplossing wees vir die staat rondom grondhervorming. Die vraag is egter hoe gaan die staat dit aanbied en teen watter kriteria? Ons het reeds gesien dat baie hervestigingsplase totaal vernietig is en verlore is vir lewensvatbare boerdery en die staat sal baie oordeelkundig hier te werk moet gaan.
Hierdie tema het slegs gehandel oor beskikbare boerderygrond en wat kan werk as daar 'n wil is om dit te laat werk. Erwe binne munispale gebiede is 'n heel ander tema. So 'n projek behoort ook groot tevredenheid onder ons bevolking te verseker en behoort groot aansien te geniet.
Hierdie voorstel is maar een uit menigte wat gebruik kan word om die grondkwessie in ons land vreedsaam en ordelik te hanteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie