Sjokolade-jaffles
BESTANDDELE
8 snye brood
½ koppie hazelnut-sjokoladesmeer
1 groterige piesang, in skywe gesny
2 marshmallows
METODE
Smeer al die brood met botter aan die een kant.
Smeer sjokoladesmeer op vier snye aan die kant sonder botter. Verdeel die piesang gelyk tussen twee van die snye. Plaas ’n marshmallow op elk van die oorblywende twee snye.
Plaas die oorblywende vier snye gebotterde brood met die gesmeerde kant na buite, bo-op die snye met vulsels. Jy behoort nou vier toebroodjies te hê wat aan die buitekant gebotter is. Plaas die toebroodjies een op ’n slag in ’n jaffle-pan. Braai die toebroodjies tot goudbruin aan beide kante. Haal uit die pan en laat effens afkoel.
Wees versigtig, want die warm sjokolade brand baie seer.
Braai die res van die toebroodjies op dieselfde manier. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie