u2018Sindikaatbaasu2019 se borgappu00e8l onsuksesvol
u2018Sindikaatbaasu2019 se borgappu00e8l onsuksesvol

‘Sindikaatbaas’ se borgappèl onsuksesvol

Die eienaar van die private wildreservaat waar twee renosters gestroop is, is tevrede met ’n hofuitspraak.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Vermeende baasbrein van renosterstroperysindikaat se borgtogappèl het Dinsdag in die Windhoekse hoërhof misluk.

Mnr. Petrus Shimuningeni (35) word daarvan beskuldig dat hy aan die stuur was van 'n sindikaat wat 'n witrenosterkoei en 'n swartrenosterbul einde Desember 2018 op 'n private wildreservaat aan die suidekant van die Etosha Nasionale Park gestroop het.

Die beskuldigde, 'n sakeman van Ondangwa met belange in 'n kroeg, minimark, restaurant en dobbelmasjiene in die Oshanastreek en 'n huis op Ekango, het aanvanklik 'n appèlaansoek op 22 April ingedien nadat sy borgtogaansoek op 10 April in die Outjo-landdroshof geweier is.

Die staatsaanklaer, mnr. John Kalipi, het tydens dié aansoek borgtog sterk teengestaan omdat die bewyse teen die beskuldigde verdoemend is, hy 'n vlugrisiko is en daar vrese was dat hy weer sou ootree of met staatsgetuies en die polisieondersoek sou inmeng.

Kalipi het ook toe die erns van die stygende misdaad van renosterstropery beklemtoon en aangedui dat dit nie in die belang van geregtigheid of die publiek sou wees om borgtog aan die beksulidgde toe te staan nie.

Landdros Immanuel Udjombala het toe borgtog aan die beskuldigde geweier, ondanks sy getuienis dat sy vier kinders tussen die ouderdomme van drie en 15 jaar by hom bly en hy hulle onderhou, asook dat sy sakebelange daaronder sou ly as hy in aanhouding bly.

Shimuningeni word daarvan beskuldig dat hy sy vier medebeskuldigdes van geld, 'n gehuurde voertuig, wapens en kos voorsien het om die twee renosters te stroop.

Ter ondersteuning van sy aansoek om appèl het Shimuningeni beweer hy was tussen 20 en 30 Desember 2018 op Swakopmund en nie in die omgewing van die wildreservaat waar die twee renosters gestroop is nie.

Hy het ook beweer dat hy vriende is met een van sy vier medebeskuldigdes, mnr. George (Morning) Nangene, vir mnr. Dimbulukeni (Silas) Tilenga ken wat saam met die ander, mnre. Penteconsta Ruhuzu en Nghinomenwa Hangula, besoekers aan een van sy kroeë was.

Volgens die ondersoekbeampte, sers. Daniël Katipi, se getuienis word Shimungingeni se MTC-selfoonrekords met die stropers verbind. Die ondersoekbeampte het ook getuig daar is bewyse dat Shimungingeni die renosterhoring verkoop het nadat hy van Swakopmund af gekom het en die winste met sy medebeskuldigdes gedeel het. Hy het glo ook ná die horingtransaksie geld aan Tilenga se ma gestuur, wat hy ten sterkste ontken.

Die vier is op verskillende datums en plekke in hegtenis geneem.

Volgens Katipi is daar oortuigende bewyse dat Shimuningeni 'n leidende rol gespeel het in die smokkel van die renosterhorings.

Shimumgingeni se eis om op borgtog van N$5 000 vrygelaat te word, is deur waarnemende regter Eileen Rakow van die hand gewys en van die rol geskrap.

WILDRESERVAAT LOOP ERG DEUR

Sedert Maart 2018 is al 13 renosters op dié private wildreservaat gestroop.

Dit het nie net onder renosterstropers deurgeloop nie, maar die eienaar is ook in Augustus van 34 renosterhorings uit sy instapkluis in sy huis op Outjo beroof. Hierdie horings is van renosters wat hy onthoring het, juis om stropery te voorkom.

Die eienaar van die wildreservaat het Dinsdag aan Republikein sy tevredenheid uitgespreek dat Shimumingeni se borgtogappèl misluk het.

Aan die ander kant was hy geskok dat twee van die vermeende renosterhoringsdiewe en -smokkelaars, mnre. Herman Pendapala en Petrus Ipinge, ook Dinsdag in die Windhoekse landdroshof borgtog van N$30 000 elk toegestaan is.

Van die 34 horings is volgens komm. Barry de Klerk, hoof van die Blue Rhino-taakspan, in Angola verkoop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!